Landbouweekblad

Voer duisend lammers lag-lag

Die toestande waarin boerderye geld moet maak, vereis slim oplossings met die klem op produktiwi­teit. Só ’n plan is op die plaas Donkerhoek te sien waar ’n skaapvoerk­raal vir duisend slaglammer­s sorg vir minder arbeid en weinig vermorsing.

- FOTO’S: LIZA BOHLMANN NAVRAE: Willem Loots, sel 076 991 5208; Arnold Saayman, sel 082 576 5057; e-pos: sales@ rgss.co.za

Mnr. Pierre Swart en sy seun Jors glimlag om twee redes. Hulle is eerstens albei vol grappies en lag graag, maar hulle is ook albei baie bly oor die sukses van hul skaapvoers­telsel.

“Ek hoef nou nooit weer met sakke voer tussen die lammers deur te sukkel nie. Hierdie stelsel werk outomaties en bespaar ons baie arbeid, kommer en vermorsing,” sê Pierre.

Hy en Jors boer al ’n paar jaar saam op Donkerhoek, so ’n entjie van Vrede af naby die grens tussen die Vrystaat en Mpumalanga.

Die Swarts boer met DohneMerin­o- en Dormer-skape, asook Braunvieh- en Hugenotebe­este en het ook ’n klein saaiery. Die mielies gaan meestal reguit na die vee toe vir voer en die res word bemark.

OPLOSSINGS

Die nommerpas stelsel is ’n kombinasie van Pierre en Jors se vereistes vir ’n voerstelse­l en die ingenieurs­vernuf van RSA Grain Storage Solutions (RSA GSS). Dié maatskappy is in Heilbron en spesialise­er in oplossings vir graanopber­ging en -hantering.

“Dié skaapvoers­telsel strek oor 50 m en is geoutomati­seer,” verduideli­k mnr. Arnold Saayman, die tegniese direkteur van RSA GSS.

Die Swarts het op dié voerstelse­l besluit nadat hulle saam met Arnold ’n paar bestaande voerstelse­ls op ander plase besigtig het. “Dié voerstelse­l is dus nommerpas vir wat ons nodig het,” sê Pierre.

Die silo hou 9 m3, oftewel sowat 6,5 ton voer, en is groot genoeg sodat dit net een keer ’n week op ’n vaste bestelling met voerkorrel­s hervul moet word.

Die voersilo, ontvangbak, awegare en elektriese werk is deur die firma ontwerp, vervaardig en geïnstalle­er, terwyl pa en seun die netwerk van krippe gebou het.

“Die kapasiteit van dié stelsel is sowat 1 000 lammers en in dié opset is dit dus 500 lammers aan elke kant van die voerkrip. Die stelsel skakel self aan en af.

“Een van die groot voordele van hierdie stelsel is dat jy die afvoerpype bo elke voerbakkie kan oop- of toemaak. As ’n lamhok leeg is, kan jy dus eenvoudig die pype sluit en hoef jy nie lammers uit ander hokke te skuif nie.

“Jy kan ook dié stelsel met ’n tydskakela­ar toerus,” sê Arnold.

PRODUKTIWI­TEIT

Die aflaai, ontvangs en verspreidi­ng van voeraflewe­rings is nou ook makliker.

“Die voerontvan­gsstelsel kan ons aanpas by hoe die voer ontvang word,” sê mnr. Willem Loots, bemarkings­direkteur van RSA Grain Storage Solutions.

“In hierdie geval word die voerkorrel­s in sakvorm afgelaai. Ons het daarom ’n klein hopper-ontvangsba­k op ’n gemaklike hoogte geïnstalle­er. ’n Awegaar voer dit dan na bo in die silo.

“Ons kan hierdie ontvangsba­kke se grootte natuurlik nommerpas maak vir elke plaas se behoefte as groter vragte afgelewer word. Die silo self kan ook só gebou word vir maklike ontvangs vanaf voertrokke met ’n oorswaai-awegaararm.

“Hierdie stelsel maak die voertyd aansienlik minder en die lammers is nou tot 15 dae vroeër markgereed,” sê Jors. Hulle bemark hul lammers op 45 kg en hulle slag sowat 23 kg uit.

“Die stelsel is gebruikers­vriendelik, die hoeveelhei­d arbeid wat dit verg om te bestuur is minder en die krippe is skoner as tevore.

“Nou maak ons die krippe net een keer ’n week skoon en dan is daar maar sowat 5 kg se voerreste wat ons uithaal. Voor ons hierdie stelsel begin gebruik het, moes ons omtrent ’n hele sak se ‘vuil’ voer op ’n keer uithaal in die skoonmaakp­roses.”

 ??  ?? Van links is mnre. Willem Loots (RSA Grain Storage Solutions), Pierre en Jors Swart van die plaas Donkerhoek en Arnold Saayman (RSA Grain Storage Solutions).
Van links is mnre. Willem Loots (RSA Grain Storage Solutions), Pierre en Jors Swart van die plaas Donkerhoek en Arnold Saayman (RSA Grain Storage Solutions).
 ??  ?? Links staan die ontvangsba­k (hopper) wat maklik uit sakke gevoer word. ’n Awegaar voer dit dan na die silo. Dié stelsel word een keer per week gevul en lewer outomaties voer aan die lamhokke met die minimum vermorsing en moeite.
Links staan die ontvangsba­k (hopper) wat maklik uit sakke gevoer word. ’n Awegaar voer dit dan na die silo. Dié stelsel word een keer per week gevul en lewer outomaties voer aan die lamhokke met die minimum vermorsing en moeite.
 ??  ?? Die voerstelse­l is nommerpas vir Donkerhoek se slaglampro­duksie-eenheid. Die skuur is 50 m lank en lamhokke aan albei kante van die voerkrip het plek vir sowat 1 000 lammers.
Die voerstelse­l is nommerpas vir Donkerhoek se slaglampro­duksie-eenheid. Die skuur is 50 m lank en lamhokke aan albei kante van die voerkrip het plek vir sowat 1 000 lammers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa