Landbouweekblad

Hoe ouer, hoe mooier

Wagyu-beeste lewer die wêreld se geurigste en sappigste vleis danksy uitstekend­e karkasgeha­lte en marmering in die vleis. Dít dra by tot hierdie beesras se gewildheid onder verbruiker­s.

- NAVRAE: Webwerf: www.wagyu. org.za; mnr. Stehan Cloete, sel 082 619 5026.

Spesifieke voer bepaal nie noodwendig die gehalte van die Wagyubees se vleis en voorkoms van marmering nie, maar eerder die bykomende jare waarin die bees afgerond word, sê mnr. Stehan Cloete, mede-eienaar van Long Claw Wagyu van Watervalri­vier op Mpumalanga se Hoëveld.

“Marmering in vleis vind gewoonlik eers ná sowat 36 maande plaas en word veral deur gene bepaal.”

In teenstelli­ng met die ander beesrasse wat hulle al aangehou het en wat geen belangstel­ling in armmanslus­ern toon nie, het die Wagyu dit stomp gevreet, sê Stehan.

“Waar ander beesrasse in ons omgewing vatbaarder vir rooiwater is, het nie ’n enkele Wagyu- bees in my kudde dit gekry nie.”

Stehan sê tot drie jaar kan nodig wees om ’n Wagyu slaggereed te kry. Daarom is dit makliker vir boere om ekstensief met dié ras te boer.

“Unieke voerkraals­telsels is wel ontwerp om die beeste af te rond. Nie elke boer se plaas het noodwendig die vermoë om ’n bees drie jaar lank te dra nie. Dié stelsel is dus ideaal as alternatie­we voedings- en afrondings­plan.”

GEWILDHEID

Die ras word al hoe gewilder.

“By Long Claw Wagyu boer ons al byna vier jaar lank met die ras. Toe ons by die Wagyu-genootskap aangesluit het, was daar sowat 19 lede. Tans het die genootskap 80 lede,” sê Stehan.

Die vleismark lok baie belangstel­ling uit, veral wanneer dit by kruistelin­g kom om die vleiswaard­e te verbeter.

“Mense stel ook baie belang in teelmateri­aal van die ras, asook in die kommersiël­e kant van die bedryf.”

 ?? FOTO: JACQUES CRAFFORD ?? Ondanks sy Japannese herkoms pas die Wagyu-ras buitengewo­on goed in Suid-Afrika aan wat veldtoesta­nde en klimaat betref.
FOTO: JACQUES CRAFFORD Ondanks sy Japannese herkoms pas die Wagyu-ras buitengewo­on goed in Suid-Afrika aan wat veldtoesta­nde en klimaat betref.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa