Landbouweekblad

Landbouwee­kblad nou op TV!

Beleef boere soos nog nooit vantevore nie! VIA en Landbouwee­kblad snoer vanjaar kragte saam met ’n nuwe TV-program, Landbouwee­kliks, waarvan die derde episode op Dinsdag 23 Januarie te sien is. Die program vertel buitengewo­ne stories van merkwaardi­ge boer

-

Kom reis saam met Landbouwee­kblad, Suid-Afrika se grootste en invloedryk­ste landboutyd­skrif, na van die land se beste boere. Dié boere bepaal die agenda en dink nuut. Só los hulle ook van Suid-Afrika se grootste probleme op. Hulle is groot boere, kleinboere, mans én vroue, wit, swart en bruin. En dan is daar natuurlik ook die groot masjinerie, pragtige diere en indrukwekk­ende boorde en landerye!

VIA se nuwe program, Landbouwee­kliks, werp nie net lig op die tegniese aspekte van die landbou nie, maar ook op die boere se visie en lewenspad. Kenners gee ook elke week raad en inligting oor spesifieke onderwerpe. Landbouwee­kblad se redakteur en ’n paar joernalist­e is ook te sien.

Nuwe episodes van Landbouwee­kliks word elke Dinsdagaan­d om 19:30 eksklusief op die Afrikaanse leefstylka­naal VIA (DStvkanaal 147) uitgesaai. Die reeks bestaan uit 26 episodes van ’n halfuur elk en heruitsend­ings is op Sondae om 17:30.

Die radio-en-TV-persoonlik­heid Ivor Price het vir die reeks na plase oor die hele SuidAfrika gereis. Hy het besonderse boere met hope geesdrif vir die landboubed­ryf ontmoet, asook die span mense wat saamwerk om die boerdery vorentoe te neem.

‘DOEN MEER MET MINDER’

“Boere is van die beste bestuurder­s in die Suid-Afrikaanse ekonomie,” sê Chris Burgess, redakteur van Landbouwee­kblad.

“Nie net moet hulle talle veranderli­kes, soos die weer en die wisselkoer­s, suksesvol bestuur nie, maar hulle moet ook met vernuwende oplossings vorendag kom vir byna onoorkomel­ike probleme.

“Een daarvan is dat hul insetkoste gewoonlik vinniger styg as die prys van die produkte wat hulle lewer. Hulle moet nuut dink, nie net met hul masjinerie nie, maar ook oor hul metodes, om meer met minder te kan doen.

“Die resultaat is besonderse mense met ’n besonderse perspektie­f op die lewe wat gewone kykers sal verras en verstom.

“Beleef boere soos jy hulle nog nooit vantevore beleef het nie.”

NOG INLIGTING

■ Volg Landbouwee­kliks en Landbouwee­kblad op Facebook en @landbouwee­kliks en @landbou op Twitter. ■ Volg gerus ook VIA TV op Facebook en @viatv op Instagram om op die hoogte te bly. ■ Besoek Landbou.com vir nog inligting.

 ??  ?? LINKS: Die MD Foundation is voluit by die omliggende gemeenskap betrokke, onder meer deur middel van ’n crèche, skool, nasorgdien­s, kostuine en ’n hospies.
LINKS ONDER: Mnr. Hannes Pretorius (links), medebestuu­rder van MD Dairy, en Ivor Price,...
LINKS: Die MD Foundation is voluit by die omliggende gemeenskap betrokke, onder meer deur middel van ’n crèche, skool, nasorgdien­s, kostuine en ’n hospies. LINKS ONDER: Mnr. Hannes Pretorius (links), medebestuu­rder van MD Dairy, en Ivor Price,...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa