Landbouweekblad

DROOGTE TEMPER AANPLANTIN­GS VAN DROËBONE

- — MARLEEN SMITH

Die afgelope bemarkings­jaar was ’n besonder suksesvoll­e een vir droëboonbo­ere, sê mnr. Chris Kleingeld, hoofbestuu­rder van die Droëboonpr­odusente-organisasi­e (DPO).

Die nasionale gemiddelde opbrengs was 1,53 ton/ha, die hoogste nóg. Die gemiddelde pryse was egter laer as in die vorige jaar. Dit het op R14 089/ton te staan gekom – R712/ton laer as in 2016.

Suid-Afrika is steeds ’n netto invoerder van droëbone. Die plaaslike prys word van invoerpari­teit afgelei. Met die internasio­nale daling in Amerikaans­e dollar-pryse en die verstewigi­ng van die rand word verwag dat pryse in die bemarkings­jaar 2018 effens kan daal.

Tans word verwag dat Suid-Afrika vanjaar sowat 45 000 ton droëbone sal moet invoer om in die plaaslike vraag te voorsien.

Wat aanplantin­gs betref, word beraam dat dit sowat 51 863 ha (16% meer as verlede jaar) kan beloop. Dit is laer as wat aanvanklik verwag is, hoofsaakli­k weens ongunstige weer tydens planttyd.

Kleingeld sê boere in Mpumalanga en Gauteng het minder saad aangeskaf as wat aanvanklik verwag is. Aanplantin­gs daar lyk goed, afgesien van die misgordel (Ermelo en Chrissiesm­eer), waar dit baie nat is. Die onlangse hittegolf kan ook die opbrengs daar benadeel. Ook in die Vrystaat is minder geplant as wat verwag is. Aanplantin­gs in die OosVrystaa­t lyk goed, maar wes van Heilbron is die toestande swak.

In Noordwes lyk die bone oos van Lichtenbur­g redelik, maar aanplantin­gs daar kry swaar. Wes van Lichtenbur­g is toestande swak en daar is bykans geen droëlandaa­nplantings nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa