Landbouweekblad

NÓG GOEIE NUUS OOR BRANDSTOFP­RYSE

- — NICO VAN BURICK

Nadat petrolprys­e in Januarie met tussen 29c/l en 34c/l gedaal het en diesel met tussen 22c/l en 26c/l, wag daar in Februarie ook goeie nuus.

Mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB, sê teen middel Januarie was daar ‘n oorverhali­ng van ongeveer 24c/l op diesel en 38-43 sent/liter op petrol. “Die verstewigi­ng van die rand ná die ANC se verkiesing­skonferens­ie is die belangriks­te rede vir die oorverhali­ng. Ongelukkig was daar ‘n ongunstige beweging in die internasio­nale produkprys­e, anders was die oorverhali­ng nóg groter.”

By diesel spesifiek kon die prysdaling nog 22c/l meer gewees het as dit nie vir ‘n styging in die internasio­nale prys van ruolie was nie. Maree sê dit is nogtans goeie nuus vir die landbou, wat ‘n groot gebruiker van brandstof is. “Ongelukkig is dit ná die planttyd. Die impak is dus nie so groot nie. Andersyds is dit ook goeie nuus vir die verbruiker, veral ná die feestyd en somervakan­sie.

Januarie en Februarie is gewoonlik maar moeilike maande vir die verbruiker omdat besteding in Desember taamlik hoog is en sekere uitgawes, soos skoolgeld en ander verbandhou­dende uitgawes, vroeg in die jaar betaal moet word.”

Wat die res van die jaar betref, verwag hy dat pryse wipplank sal ry. “Die prys van Brent-ruolie kan verder styg weens verdere produksieb­eperkings en politieke onstabilit­eit in die Midde-Ooste. Baie gaan ook afhang van wat in die plaaslike politieke omgewing gebeur en wat die invloed daarvan op die wisselkoer­s en dus die plaaslike brandstofp­rys sal wees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa