Landbouweekblad

‘Perke oorskry’: Waterinspe­ksies kom in Wes-Kaap

- — LISA LOTTERING

DIE DEPARTEMEN­T VAN WATER EN SANITASIE wil self gaan kyk of watergebru­ikers in die Wes-Kaap hou by die streng beperkings wat vroeër vandeesmaa­nd afgekondig is te midde van dalende watervlakk­e.

Volgens mnr. Sputnik Ratau, woordvoerd­er van die departemen­t, oorskry alle kategorieë watergebru­ikers tans die teikens wat vasgestel is om die watervoorr­aad te laat hou tot die volgende reëns val.

Me. Lindiwe Lusenga, die departemen­t se waarnemend­e direkteur-generaal, het op 12 Januarie in die Staatskoer­ant perke van 60% op die landbou, en 40-45% op huishoudel­ike en nywerheids­gebruikers in die Breede-Gouritz- en Berg-Olifants-waterbestu­ursgebiede afgekondig. Eersgenoem­de voorsien water aan feitlik die hele SuidKaap, Tuinroete en Karoo, en laasgenoem­de die Kaapse Metropool, Weskus en die Boland tot by Piketberg.

Vir besproeiin­gsgebruike­rs geld dié persentasi­e vir gemiddelde verbruik oor die vyf jaar tussen 2010-’11 en 2014-’15.

Die Wes-Kaapse kantoor van die departemen­t skryf in ’n omsendbrie­f aan munisipale bestuurder­s en waterbehee­rrade dat ’n drought blitz operation tussen 16 Januarie en 15 Februarie sal plaasvind.

’n Bron met insae in vergaderin­gs tussen watergebru­ikersveren­igings en verteenwoo­rdigers van die departemen­t het gesê die departemen­t sal klem lê op watergebru­ikers wie se waterreken­ings agterstall­ig is. Daar sal ook gekyk word of watergebru­ikers hou by regulasies oor watermetin­g en enige onwettige wateraftap­punte sal afgesny word.

WATERHEFFI­NG?

Te midde van die politieke swaard wat verlede week oor die kop van me. Patricia de Lille, Kaapstad se burgemeest­er, gehang het, het verwarring teen druktyd steeds geheers oor die presiese implikasie van die stad se omstrede beoogde waterheffi­ng op boere.

Mnr. Janse Rabie, hoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA, sê te midde van onsekerhei­d oor of die voorgestel­de droogtehef­fing wel ingestel sal word, is dit ook onduidelik of dit boere binne die stad Kaapstad sal beïnvloed. Daar is egter ’n vermoede dat die landbou uitgesluit sal wees.

“Ons het Agri Wes-Kaap gevra om duidelikhe­id daaroor by die Stad Kaapstad kry,” sê hy.

Landbou.com sal verder daaroor berig namate die situasie ontwikkel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa