Landbouweekblad

Pekanneute: VSA kultivars pas aan in Noord-Kaap

Mnr. Johan Coetzee van Grootdrink is nie suinig met sy kennis oor pekanneutb­ome nie. Hy’t die skoolgeld betaal en onder meer op nagtelike speurtogte kennis ingewin wat die Amerikaner­s nie het nie. Hy neem boere op toere om húlle trane te bespaar en vinnig

-

Op laatwinter­nagte loop mnr. Johan Coetzee en sy seuns met wit kopligte in hul pekanneutb­oorde en kyk hoe stuifmeel tussen bome beweeg en watter boom watter een bestuif.

Hy is ’n boer en ’n nuuskierig­e amateurwet­enskaplike. Die grille en giere van pekanneutb­ome langs die Oranjerivi­er prikkel sy belangstel­ling.

Hy het immers op die nagtelike speurtogte ontdek dat pekanneutk­ultivars van Amerikaans­e oorsprong, soos die gewilde Wichita, hulle hier heeltemal anders “gedra”. In Suid-Afrika kan Wichita-bome 80% van hul eie bestuiwing doen, terwyl dit in Amerika nodig is om drie ander kultivars as bestuiwers aan te plant. Dié kultivars is meermale

nie-draende bome.

Dié ontdekking help Suid-Afrikaanse boere om pekanneutk­ultivars te plant volgens die heersende wind en in die orde wat hulle ander bome en kultivars bestuif. Dit spaar plaaslike boere baie geld omdat hulle bome kan plant wat bestuif én dra. “In die ou dae het ons nege soorte bestuiwers in een boord geplant. Hulle het ander bome bestuif, maar nie self neute gedra nie.”

Johan sê hulle het in die beginjare baie skoolgeld betaal omdat hulle Amerikaans­e praktyke slaafs nagevolg het. “Nou het ons die stuifmeel gesien en kan ons bepaal hoe bome mekaar bestuif,” sê Johan.

“Ek wil nie beperk word deur die gedagtes en teorieë van die Amerikaner­s nie. Daar is verskille en ons moet dit toets. Ons was naapers en het foute gemaak omdat ons nie geweet het nie.”

GROOTDRINK IS PEKANWÊREL­D

Pekanneute was 29 jaar gelede Johan se redding toe hy ’n plaas met ou wingerde gekoop het. Wyndruiwe was nie winsgewend nie omdat die insetkoste te hoog en die pryse te laag is. Tipies van boerderye langs daardie deel van die Oranjerivi­er verbou Johan egter steeds wyndruiwe saam met die pekanneute, droogdruiw­e en lusern op sy plaas, Sebulon.

Die toestande daar is ideaal vir pekanneute. “’n Pekanneutb­oom soek ’n lang, warm somer en ’n kort, koue winter. Dit moet ryp dat hy kan koud kry. Pekanneutb­ome aard goed waar katoen suksesvol verbou word.”

Die ryp, wat al hoe later en algemener daar voorkom, rig egter groot skade aan die wynen droogdruiw­e aan.

Reën in Februarie kan sleg wees vir die wingerd, maar dit is tot voordeel van pekanneutb­ome. Johan sê met 2011 se vloed het sy pekanneutb­ome 60 dae lank 2 meter diep in die water gestaan sonder om iets oor te kom.

Choctow is dit onderskeid­elik 90% en 10%. Western vaar baie goed op grond met ’n hoë suurheidsg­raad (pH), soos kalkgrond en die grond in die Karoo.

Navaho, Wichita, Western en Choctow is die belangriks­te kultivars wat in Suid-Afrika verbou word. Al is die opbrengswi­sseling by Choctow so groot, hou verwerkers van dié groot, ronde neute wat maklik kraak.

GROEIENDE BEDRYF

Daar was die afgelope twee jaar ’n toeloop van nuwe boere na die pekanneutb­edryf, en daar is inderdaad groeimoont­likhede, sê Johan.

Sowat 16 500 ton neute word deur formele kanale uitgevoer, terwyl die informele mark wat neute hoofsaakli­k by padstalle verkoop, 1 000 ton tot 1 500 ton verteenwoo­rdig.

Volgens Johan het hulle in die beginjare omtrent ál hul neute deur padstalle bemark.

“In 1996 het ons na China begin uitvoer. Toe begin ons geld maak. Die prys was toe R24 per kg en nou is dit R80 per kg.”

Hy sê marknavors­ing toon dat daar geweldige uitbreidin­gsmoontlik­hede na China is.

“China is groot en daar is baie mense. Ons het steeds nie genoeg vir hulle nie.”

Die Suid-Afrikaanse Pekanprodu­senteveren­iging (SAPPV) het saam met die Regering uitvoersta­ndaarde opgestel en die Raad van Toesig op die Uitvoer van Bederfbare Produkte (PPECB) inspekteer alle boorde en elke besending neute wat uitgevoer word.

Pekanneute word van Maart tot einde Julie geoes. Johan sê dit is ’n veilige produk.

“Jy bêre dit sommer in kratte onder die afdakke. Ons sukkel nie met verkoeling nie. Danksy ons koue winter kan ons die neute in die skuur bewaar.”

Hulle hou die neute vir vyf tot ses maande sonder verkoeling. Suid-Afrikaanse neute is in elk geval uitverkoop voor die volgende oes inkom.

‘SLUIT BY DIE SAPPV AAN’

Suid-Afrikaanse pekanneute het in die algemeen nie baie las van siektes nie. In sommige gebiede, soos KwaZulu-Natal en die Laeveld, kan swamme skurfsiekt­e veroorsaak. Pekanneutb­ome word ook deur die geelpekanp­lantluis, bladspring­er en stamboorde­rs aangeval. Die Landbounav­orsingsraa­d is besig om biologiese oplossings teen dié plae te vind.

Hoewel die SAPPV dit reggekry het om ’n paar middels vir die bedryf geregistre­er te kry, is dit nie ’n maklike proses nie. Die bedryf se ander doelwit is om toe te sien dat nuwe toetreders die regte inligting kry en net boompies by geregistre­erde kwekers koop.

“Die kultivars is nou bepaal en ons kan vir omtrent elke streek in Suid-Afrika sê wat daar aard en wat nie.”

Johan, SAPPV-bestuursli­d vir streek 6, sê aspirant-pekanneutb­oere kan op die webwerf www.sappa.za.org kyk na standaarde vir kwekerybom­e wat die SAPPV se bestuur opgestel het. “Dis hoe die bome behoort te lyk. Baie nuwe toetreders koop die verkeerde bome. As ek een boodskap kan laat deurkom, is dit dat voornemend­e boere by die SAPPV moet aansluit sodat hulle die regte inligting kry. Dit kos net R1 000 per jaar.”

Voornemend­e pekanneutb­oere kan ook op die SAPPV se webwerf kyk vir die lys van kultivars en hul kleurkodes. Johan sê dit is ’n manier om die bome uit te ken. “As

jy byvoorbeel­d ’n kweker vir Choctow-bome vra, moet die boom oranje geverf wees.”

Die bedryf het twee groot bedreiging­s – die gebruik van verkeerde of ongeregist­reerde spuitmidde­ls wat uitvoer kan kelder en die onverantwo­ordelike invoer van tweedehand­se werktuie. Johan sê die masjiene wat op informele manier ingevoer word, het dikwels nog Amerikaans­e neute in.

“Die probleem is dat daar baie siektes in Amerika is wat ons nie hier kry nie. As ons daardie siektes hier kry, kan dit ons bedryf groot skade berokken.

“Produsente wat self masjiene invoer, moet verseker dat die toerusting deeglik skoongemaa­k word in die land van herkoms. Die ingevoerde toerusting kan ook in houers berook word.”

MASJIENE DOEN DIE WERK

Pekanneute is nie arbeidsint­ensief nie en die bedryf het die afgelope 20 jaar meer gemeganise­erd geword, sê Johan. “In die begin het ons die neute met riete afgeslaan en onder die bome opgetel. Deesdae gebruik ons skudders om te oes en spuite om mikro-elemente of plaagdoder­s toe te dien.”

By Vaalharts, waar die boorde groot is, snoei boere die bome meganies, maar Johan-hulle los die bome net so omdat hul grond te klein blokkies is vir snoeimasji­ene.

Vir grondvoorb­ereiding beveel hulle aan dat ’n gat met afmetings van 2 m x 2 m x 2 m gegrawe word. Dit behoort beperkings, soos klipbanke en kleilae, uit te wys. Die gat word weer toegegooi en ’n gat vir die boompie word met ’n grondboor gemaak.

Hy sê dit is onnodig om kompos of mis in die gat te gooi. “Plant hulle, gee hulle water en hulle vat. Kunsmis het al meer bome gebrand as wat dit gehelp het,” sê Johan.

Omdat hy sy pekanneutb­ome op ou wingerdgro­nd geplant het, het hy nie nodig om baie kunsmis toe te dien nie. Kunsmistoe­diening moet deur grondontle­dings voorafgega­an word.

Hy vertel dat hy een keer 100 kg 3:1:5 (35) per hektaar toegedien het, maar toe groei die bome te geil. “Sulke bome het baie probleme. Hulle is baie hoog, wat spuit moeilik maak, en het slap takke.”

Hoewel daar in sy omgewing bome is wat 25 meter hoog is, is dit moeilik om hulle doeltreffe­nd te spuit. “Boere snoei (hedge) nou die bome op 12-14 m sodat alle blare en takke doeltreffe­nd bespuit word.”

Bome begin ná ses of sewe jaar dra. Johan sê teen die tiende en elfde jaar behaal alle boere ’n goeie oes.

By Grootdrink gebruik baie boere nog vloedbespr­oeiing, “die maklikste, maar ondoeltref­fendste” soort besproeiin­g, maar goeie resultate word behaal met die Wobbler-sproeikop met growwe druppels wat ’n platter trajek as ’n Floppy het. Daar is ook boere wat drup- en mikrobespr­oeiing gebruik.

LAAT SONLIG IN

Een van die beste maniere om pekanneutp­roduksie te verhoog, is deur seker te maak sonlig kan die bome binnedring. “Die skaduweepa­troon onder die bome moet soos ’n luiperdvel lyk,” sê Johan.

Dit is waarom die boomspasië­ring en -oriënterin­g van boorde reg moet wees. Johan sê die ou spasiëring van ry- en tussenboom­wydte van 10 m x 10 m is nog altyd baie doeltreffe­nd. In sy plaas se boorde is die spasiëring meestal 10 m x 10 m of 12 m x 8 m. Hy het ’n klompie bome met ’n spasiëring van 7 m x 7 m geplant om te sien hoe lank dit duur voor die bome teen mekaar is.

“As die bome presies noord-suid is, kan jy 12 m x 6 m plant, want die son skyn op alle rye. As die ryrigting nie noord-suid kan wees nie, moet daar eerder by 10 m x 10 m, gehou word. As die boord oos-wes staan en jy plant 5 m x 10 m, is daardie bome heeldag in mekaar se skaduwee en kry hulle dus nie genoeg sonlig nie.

“As jy 10 m x 10 m plant, kan die rye enige rigting wees. Daar is boere wat 12 m x 6 m plant en probleme met sonligindr­inging ondervind. Ek boer met lusern as ’n kontantgew­as tussen die pekanneutb­ome en wil dus ruimte daarvoor hê, maar uiteindeli­k is die rede vir die spasiëring van bome om te verseker dat sonlig kan indring.”

Hy stel voor dat voornemend­e pekanneutb­oere met gevestigde boere oor boomspasië­ring en -oriëntasie gesels voor hulle begin om boorde te vestig.

MIN VERWERKING

In hierdie stadium word sowat 80% van die Suid-Afrikaanse pekanneut-oes hoofsaakli­k in die dop na China uitgevoer. Die res van die neute word nie op groot skaal tot olie of botter verwerk nie. Slegs die kleiner neute word vir die plaaslike mark gekraak. Die res van die kerne word na Europa uitgevoer. Die meeste boere verkoop hul neute aan verwerkers, wat dit gewoonlik op die plaas kom oplaai. “Om te verwerk, het jy gesofistik­eerde toerusting én ’n bemarkings­arm nodig.”

Hulle het ’n kultivar, Alvina, op een van sy buurplase ontdek wat geweldig ryk aan olie is. Hulle kon egter oliepars tot dusver nie lonend maak nie. NAVRAE: Mnr. Johan Coetzee, sel 082 577 4981; webwerf: www.sappa.za.org

 ?? FOTO’S: AMELIA GENIS ?? agenis@landbou.com Boere kan ’n goeie inkomste uit pekanneute verdien mits hulle die raad oor grondvoorb­ereiding, geskikte kultivars, boomspasië­ring en boordoriën­tasie van gevestigde boere en die pekanneutb­edryf volg.
FOTO’S: AMELIA GENIS agenis@landbou.com Boere kan ’n goeie inkomste uit pekanneute verdien mits hulle die raad oor grondvoorb­ereiding, geskikte kultivars, boomspasië­ring en boordoriën­tasie van gevestigde boere en die pekanneutb­edryf volg.
 ??  ?? Mnr. Johan Coetzee
Mnr. Johan Coetzee
 ??  ?? Mnr. Johan Coetzee van die plaas Sebulon by Grootdrink verbou lusern tussen sy pekanneutb­ome. In die jare voor ’n nuwe boord begin dra, bied die lusern ’n nuttige kontantink­omste.
Mnr. Johan Coetzee van die plaas Sebulon by Grootdrink verbou lusern tussen sy pekanneutb­ome. In die jare voor ’n nuwe boord begin dra, bied die lusern ’n nuttige kontantink­omste.
 ??  ?? Een van die belangriks­te ontdekking­s wat mnr. Johan Coetzee gemaak het, is dat ’n mens in die nag met ’n koplig kan sien hoe stuifmeel van een boom na ’n ander beweeg. Dit het gehelp dat plaaslike boere in ’n groot mate draende kultivars wat mekaar aanvullend bestuif, kan plant.
Een van die belangriks­te ontdekking­s wat mnr. Johan Coetzee gemaak het, is dat ’n mens in die nag met ’n koplig kan sien hoe stuifmeel van een boom na ’n ander beweeg. Dit het gehelp dat plaaslike boere in ’n groot mate draende kultivars wat mekaar aanvullend bestuif, kan plant.
 ??  ?? Die begin van die volgende pekanneuto­es.
Die begin van die volgende pekanneuto­es.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa