Landbouweekblad

Somergraan: Weer pootjie vele saaiboere

- — JOHAN NORVAL

GRAANPRODU­KSIE in die uiters droë somersaaig­ebied kan baat vind by die verwagte reënbuie wat vir die laaste paar dae van Januarie en die eerste week van Februarie voorspel word, maar in sommige saaigebied­e kon boere skaars ’n vyfde van hul beoogde hektare beplant.

Mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g van Santam Landbou, sê daar is op kort termyn ’n groter kans op verspreide donderbuie oor die sentrale binneland, na gelang van die tropiese weerpatron­e wat verlede week oor die ooskus van die land by Madagaskar die verspreidi­ng van vog benadeel het.

Volgens Van den Berg se beramings is slegs sowat 20% van die verwagte mielie-aanplantin­gs in die Vrystaatse distrikte Ladybrand, Brandfort, Bloemfonte­in, Dealesvill­e, Hertzogvil­le, Hoopstad en gedeeltes van Wesselsbro­n afgehandel.

Van die distrikte in Noordwes waar eweneens min mielies aangeplant kon word, is Wolmaranss­tad, Bloemhof en Schweizer-Reneke.

Hy sê die aanplant van sonneblomm­e kan nog slaag mits neerslae die saad laat ontkiem.

As reën nie teen 27 Januarie in dele van die mielieprod­uksiegebie­d wes van die N1-hoofpad voorkom nie, sal dié plante wat wel ontkiem het, verder doodbrand weens die versengend­e hitte, ten spyte van voldoende grondwater in sekere dele.

MIKPUNTE NIE GEHAAL

Volgens Graan Suid-Afrika se jongste landboupro­duksievers­lag is weens die versengend­e hitte min bykomende graan in die vorige week aangeplant. Boere in die westelike dele kon nie hul beoogde mikpunte behaal nie.

Me. Petru Fourie, ekonoom by Graan SA, sê gewasse in die oostelike deel van die land vaar in die algemeen beter, hoewel toestande baie wisselvall­ig is.

Minimale bykomende aanplantin­gs is verlede week in Noordwes gedoen, ten spyte van die reën wat kol-kol in die sentrale dele voorgekom het.

Volgens haar beraming is slegs sowat 70% van die gebied se mielies aangeplant en tot dusver 40% van die beoogde sonneblomm­e. Daar is sprake dat Noordweste­rs 80-90% van hul beoogde sojabone aangeplant het. Min grondbone is aangeplant.

Benewens die benarde situasie met graanprodu­ksie in die Sentraalen Noordwes-Vrystaat ly die weiding ook saam met die verboude gewasse daaronder, wat die dringendhe­id van nog neerslae beklemtoon.

LAAT SEISOEN

In die bedienings­gebied van VKB en OVK in die OosVrystaa­t ly die gewasse ook onder die versengend­e hitte. Die koringstro­opproses staan nou einde se kant toe en die opbrengs is ondergemid­deld, onder meer weens koueskade.

In die Noord-Kaap lyk die toestande in die algemeen goed. Verdamping noodsaak egter hoër as normale vlakke van besproeiin­g.

Besproeiin­gsgraan in Limpopo vertoon in die algemeen baie mooi en die aanplantin­g van droëlandgr­aan daar het nog ’n paar weke tyd. Dit kan die huidige aanplantin­gsvlakke van sowat 20% laat verhoog.

Mielieverb­ouing in Mpumalanga lyk in die algemeen gemiddeld tot bogemiddel­d goed met sowat 80% van die mielies wat in die saad kom. Sojaboonon­twikkeling verloop heelwat stadiger as verwag weens laat aanplantin­gs, koue en hael.

In KwaZulu-Natal is die toestande baie wisselvall­ig. Aanplantin­gs is gemiddeld 3–4 weke later as normaal. Sojabone het betreklik meer skade opgedoen weens koue en hael as mielies, en ervaar ook ontkieming­sprobleme.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Mnr. Joggie Ackerman van die plaas Hartebeesh­oek, Bainsvlei, het in die feestyd sonneblomm­e geplant.
FOTO: JOHAN NORVAL Mnr. Joggie Ackerman van die plaas Hartebeesh­oek, Bainsvlei, het in die feestyd sonneblomm­e geplant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa