Landbouweekblad

SA listeriose-uitbreking is die dodelikste nóg

- NICO VAN BURICK

NADAT die besonderhe­de van 160 pasiënte uit ’n totaal van 748 laboratori­um-bevestigde gevalle van listeriose nagespeur kon word, het die dodetal reeds tot 67 gestyg. Dit kan nog veel erger word.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagba­re Siektes (NIOS) het die meeste gevalle in Gauteng voorgekom, gevolg deur die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal.

Amptenare van die Departemen­t van Gesondheid regoor Suid-Afrika probeer nog die minstens 588 ander pasiënte opspoor in ’n poging om die oorsprong van die siekte te bepaal.

Die jongste listeriose-epidemie in Suid-Afrika is die ergste in die wêreld se geskiedeni­s. Hoewel die siekte in ander wêrelddele ook voorkom, het nêrens nog soveel mense tydens ’n uitbreking daaraan gesterf nie.

Die NIOS sê die bakterieë, wat in grond, water, plante of diere se mis kan voorkom, kan ’n wye verskeiden­heid kossoorte besmet. Die feit dat dit van 6 uur tot 70 dae kan duur voor iemand siek word, maak dit veel moeiliker om die bron van besmetting op te spoor.

Die siekte kan nie van een mens na ’n ander oorgedra word nie, maar word veroorsaak deur die inname van besmette kos.

NASPEURBAA­RHEID

Me. Linda Jackson van Food Focus, ’n voedselvei­ligheidsli­ggaam, sê Suid-Afrikaanse kos is baie veilig. Groothande­laars het die afgelope dekade ook hul eie vereistes en standaarde baie verhoog.

Volgens studies is selfs voedsel op die informele mark dikwels baie veilig omdat dit geëet word kort nadat dit voorberei is, sê sy.

Daar is ook genoeg naspeurbaa­rheid om ’n besmette produk terug te lei na die plek waar dit geprodusee­r is.

Jackson sê uit internasio­nale navorsing blyk dit dat die listeriose­bakterie soms by blaargroen­tesoorte voorkom.

“Wat boere van hul kant kan doen, is om te let op die gehalte van water wat hulle gebruik om gewasse mee te besproei, asook die gehalte van misstof. ’n Mens moet egter besef listeriose kan ook in die grond voorkom. Dit is dus nie moontlik om enige besmetting heeltemal te voorkom nie.”

“Wat ons nou in die nagte wakker hou, is om die oorsprong van die huidige uitbreking te vind,” sê me. Matlou Setati van die Suid-Afrikaanse Raad op Gebruikers­goedere. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa