Skou: Grootfontein se kampioenbeeste
Vier beesrasse het aan die jaarlikse Grootfontein-skou in Namibië deelgeneem. Ondanks die groot droogte wat in die land geheers het, en steeds plek-plek voorkom, is vee van uitsonderlik goeie kondisie ingeskryf.
SIMBRA 1 Die opperste kampioenbees
op die skou, Rumba Morarie HB15/152C, was ook die junior
kampioen-Simbrabul. Eienaars: Mnr. Hardus (sel 00264 81 245 6624) en mev. Ansie Breedt, Rumba-stoetery, Maroelaboom. Hanteerder: Mnr. Vendelinus Homotenya.
2 Senior en grootkampioenkoei,
Rumba Hemie HB12/7C. Eienaars: Mnr. Hardus en mev. Ansie Breedt, Rumba-stoetery, Maroelaboom. Hanteerder: Mnr. Vendelinus Homotenya. Die Breedts het ook die senior en grootkampioenSimbrabul, Rumba Bojano HB10/189C, vertoon.
LIMOUSIN 3 Senior en grootkampioenbul,
Golden Sun Adolf Golden Sun Alexia GSL12/46. Eienaar: Mnr. Eandro Lottering (sel 00264 81 419 9299), Golden Sun-stoetery, Gobabis. Hanteerder: Mnr. Andries Eiseb.
4 Senior en grootkampioenkoei,
Golden Sun Alexia GSL12/46. Eienaar: Mnr. Eandro Lottering, Golden Sun-stoetery, Gobabis. Hanteerder: Mnr. Andries Eiseb.
DEXTER
5 Senior en grootkampioenbul, Dané Henri DDS12/14. Eienaars: Mnr. Danie (sel 00264 81 255 7554) en mev. Carina Jansen van Vuuren, Dané-stoetery, Outjo. Op die foto is Danie en Carina met hul seun, Danie jr.
6 Senior en grootkampioenkoei,
Dané Lala DDS10/1. Eienaars: Mnr. Danie en mev. Carina Jansen van Vuuren, Dané-stoetery, Outjo. By die koei is Danie en Carina met hul dogter, Chané.
BRAHMAN 7 Senior en grootkampioenbul,
Dos Santos GB09/33. Eienaar: Mnr. Uerii Mbapaha (sel 00264 81 305 9123), Okapanda-stoetery, Otjozondjupa. Hanteerder: Mnr. Krina Mbapaha.
8 Senior en grootkampioenkoei,
Pumue ERP08/23. Eienaar: Mnr. Albert Tjihero (sel 00264 81 148 7344), Okorusengo-stoetery, Okahandja. Hanteerder: Mnr. Isuzu Tjitundu.