Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

DIE Stellenbos­se plaas Boschendal het pas 600 000 nuwe vrugtebome aangeplant in ’n projek wat drie jaar geduur het. Permanente werkgeleen­thede het van 70 tot 287 toegeneem. Die damme op die plaas is vol. Mnr. Jacques du Toit, hoofbestuu­rder op Boschendal, sê die damme het op 20 Augustus 2017 begin oorloop. Hy het ook 15 stroompies op die plaas getel wat in die Dwarsrivie­r inloop, vanwaar dit die Bergrivier voed en in die see invloei.

Boschendal se damkapasit­eit is 3½ miljoen kubieke meter – 3 500 megaliter. Boschendal maak uitsluitli­k op sy eie damme staat vir alle landbougeb­ruik. Hy onttrek geen water aan die Theewaters­kloof, Bergrivier of enige ander staatsdam vir sy boerderybe­drywighede nie.

Versigtige en doeltreffe­nde grondbestu­ur het meegewerk om die damme vol te maak en die water te behou. Die verwyderin­g van indringerp­lante maak ’n groot verskil aan die watervloei uit die berge, en die bevorderin­g van grondgeson­dheid verminder waterverbr­uik in wingerde en vrugteboor­de met 30%.

Die Stellenbos­chdam was einde verlede jaar 97% vol. Dit het niks met die munisipali­teit te doen nie, maar is te danke aan die boere van die Groter Simonsberg­bewarea, wat indringerp­lante in die opvanggebi­ed en waterweë bo die dam uitgewis het. Die landgoeder­e Tokara en Thelema het die afgelope vyf jaar onverpoos alle indringerp­lante uitgehaal.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa