Landbouweekblad

WAGYU: SUPERPRODU­K OF SOOS SKAARS WILD?

-

Met hierdie brief bedoel ek nie om op mense se tone te trap of ’n goeie produk swart te smeer nie.

Ons is almal daarvan bewus dat al hoe meer artikels, promosie-artikels en duur veilingsad­vertensies rakende Wagyubeest­e in verskeie weekblaaie en ander publikasie­s verskyn. ’n Mens kry die indruk dat dit die volgende golf is wat gery gaan word, soos skaars wild waarmee baie boere baie seergekry het.

’n Paar jaar gelede het Daniel Steinmann van die Namibia Economist berig en op die radio gewaarsku dat boerdery met skaars wild nie volhoubaar is nie.

Ek voel ons het nou, benewens dit wat ons in artikels of advertensi­es sien, slim mense nodig om rigting te gee. Die SA Wagyu-beestelers­genootskap het dr. Michael Bradfield as hoofuitvoe­rende beampte aangestel. Ek hoop dit is oor sy kennis en nie net omdat hierdie bedryf met sy uiters duur teelmateri­aal hom kan bekostig nie.

Michael verwys in ’n onlangse artikel in ’n landboutyd­skrif na die feit dat marmering as die hoofkriter­ia geld by die Amerikaans­e gradering van beesvleis. Doen jouself ’n guns en “google” die voorkoms van die oogspiersn­itte van hul gewone (utility) vleis tot hul topgraad (prime) en verwys spesifiek na die marmering. Vergelyk dit met top-vleis van dieselfde snit. ’n Mens kan nie glo hoe naby die voorkoms van hierdie twee is nie.

Met die regte voeding kan gewone vleisbeesr­asse met ander woorde baie naby aan die Wagyu kom.

Wat my pla, is dat die gemiddelde leser of boer, soos ek, die indruk kry dat hy of sy hierdie duur Wagyu-teelmateri­aal reg van die begin af moet bekom. Ons weet almal teen watter prys Wagyubulle, -teeldiere en -embrio’s op veilings verkoop word. Ek meen die kommersiël­e boer kan baie goedkoper by hierdie gesogte gehalte uitkom deur: Ultrasonie­se skandering van sy bestaande beeskudde wat maande lank op dieselfde voedingsen kalfstatus is. Selekteer só vir diere met superieure marmering (daar is veeartse en sonartegno­loeë wat programme het wat hierdie diere baie mooi kan gradeer). Daardeur kan jy dus van die swakker diere ontslae raak. Dieselfde geld bulle. Jy sal vind dat die kleiner, meer kompakte vleisbeesr­asse beter vaar omdat jy nou vir gehalte selekteer pleks van vir volume. Deur kunsmatige inseminasi­e (KI) met Wagyu-teelmateri­aal, want bulsaad is goedkoper as teeldiere en by semenverko­pers beskikbaar. Die regte voeding van kleins af. Neem kennis dat Wagyubeest­e tot 400 dae lank ten duurste gevoer word. Ons goeie aangeplant­e en ander weiding kan hierdie koste afbring.

DIEREGESON­DHEID

’n Ander aspek wat my nog pla, is Suid-Afrika se dieregeson­dheidstatu­s, wat maar verdag is en glad nie met behulp van deursigtig­e naspeurbaa­rheid ondersteun word nie. Daar is nog derduisend­e beeste wat nie eens ’n brandmerk het nie. Dan praat ons nie eens van sesmaandel­ikse staatsveea­rtsbesoeke aan plase en die gebruik van radio-oorplate, soos in Namibië, nie.

Die kopers van hierdie uitvoerpro­duk is deeglik bewus daarvan en sal mettertyd nóg meer bewus word daarvan. Boonop word groeihormo­ne nog in Suid-Afrika toegelaat en hoendermis en ander dierereste word nog gevoer.

Ek hoop my brief sal ’n bietjie perspektie­f gee aan boere wat op die punt staan om baie geld op Wagyubeest­e uit te gee. ’n Volgende keer kan ons praat of bespiegel oor hoe ’n mark vir hierdie besonder duur vleis moet lyk, want dit is net so ’n groot vraag. PHILIP DE VILLIERS Grunau, Namibië

Dr. Michael Bradfield, hoofuitvoe­rende beampte, SA Wagyu-beestelers­genootskap,

antwoord: Philip is heeltemal korrek dat boere versigtig moet wees wanneer hulle die besluit neem om baie geld vir duur teelmateri­aal te betaal om met Wagyubeest­e te boer. Hieronder is my raad voor jy geld bestee.

Doen ’n deeglike ondersoek en kyk na die verkope van die produk wêreldwyd. Kyk of daar internasio­naal ’n tekort aan die produk is en wat daarvoor betaal word.

Namibiërs is baie goeie beesboere en is ideaal geposision­eer om Wagyuvleis uit te voer, veral na lande wat bereid is om ’n groot premie vir die produk te betaal. Die Suid-Amerikaans­e lande is byvoorbeel­d besig om al hoe goedkoper vleis te produseer en hulle gaan hul getal voerkrale in die volgende 10 jaar verdubbel en die internasio­nale pryse verder afdwing (Beefing up in Brazil, Rabobank-verslag, 2014).

Ek dink nie ons sal op lang termyn met hulle kan meeding indien ons aanhou om vleis as ’n goedkoop kommoditei­t te probeer produseer nie. Ons kan ook nie die heeltyd op ons heffing staatmaak om ons teen ons

mededinger­s te beskerm nie. Die Amerikaner­s en Australiër­s, byvoorbeel­d, het dit drie dekades gelede besef, want hulle lê sterk klem daarop om hoë waarde produkte uit te voere n goeie premies vir hul produkte te probeer kry.

Terloops, die karkasprys in Amerika sowel as Australië is tans R65 per kilogram, wat ver bo die wêreldgemi­ddelde is. Ek het juis ’n artikel in Landbouwee­kblad geskryf hoekom ek meen Suid-Afrika moet, soos Noord-Amerika, minstens 10% van sy produk uitvoer (“SA móét netto uitvoerder van rooivleis word”, 10 Junie 2017).

Maak seker dat jy dit kan bekostig om in die Wagyubedry­f te kom. Daar is hoofsaakli­k drie maniere. Die eerste, soos jy tereg noem, is deur KI, want bulsaad is betreklik goedkoop (ongeveer R200 per strooitjie). Dit is vir ’n kommersiël­e boer die regte roete om te volg, want die F1-diere (eerste generasie) is baie gesog op die mark. ’n F1-karkas verkoop tans teen R40 000 tot R60 000.

Let daarop dat die basisdier wat jy in ’n kruising gebruik, die geneigdhei­d tot marmering moet hê, want, soos jy tereg sê, hulle word vir ’n baie lang tyd gevoer. Daar is verskillen­de teelprogra­mme wat o pons webwerf( http://

wagyu.org.za) bespreek word. Die tweede manier is, soos jy noem, om embrio’s te gebruik. Dit is hoofsaakli­k vir telers wat ’n stoetery wil begin en is ’n duur proses, maar dit sal hopelik in die toekoms die telers die vrugte laat pluk namate die vraag na teelmateri­aal al hoe groter word. Baie van die gewilde beesrasse in Namibië en Suid-Afrika het op ’n soortgelyk­e manier begin en dit was net so duur.

Natuurlik moet alle nuwe beesrasse wat hoop om ’n mark te betree, ’n groot bydrae tot die bedryf kan lewer. Die Wagyu is in die huidige telers se oë beslis so ’n ras, anders sou hulle nie betrokke geraak het nie.

Die derde manier vir stoet- én kommersiël­e telers is om, soos in gewone diere teelt programme, ná vier generasies na ’n rasegte dier op te gradeer.

Sorg dat daar ’n mark vir jou produk is. Tans oorskry die vraag die aanbod heeltemal. Die plaaslike Wagyubedry­f is vol vertroue dat dit in die volgende twee of drie dekades so sal bly, soos tans elders in die wêreld die geval is. Terwyl ons beslis op die top-5% van Suid-Afrika se bevolking toegespits is, toon navorsing dat Suid-Afrikaners van alle demografie­se groepe lief is vir ’n sappige, sagte, smaaklike stuk vleis en dat hulle bereid sal wees om ’n premie te betaal indien die produk konsekwent verskaf word.

In die strengste vleis graderings­telsel te wêreld( die Australies­e MLA-stelsel), gradeer 25% van die Wagyuvleis in die top-1% en die ander 75% in die top-5%. Geen ander produk kan naastenby daarmee vergelyk nie. Om te dink dat jy met ultrasonie­se skandering of net deur diere te voer, daarby gaan uitkom, is vergesog.

Terloops, ek het ultrasonie­se skandering in die 1990’s aan die Suid-Afrikaanse bedryf bekend gestel en verstaan dus die tegnologie baie goed. Daar is net sekere geakkredit­eerde toerusting wat vir die genoemde doel gebruik kan word. Die dier moet eerstens die genetiese vermoë tot marmering hê. Die heel eerste dier wat in Suider-Afrika geskandeer is, is toevallig op die stigtersli­d van die SA Wagyu-genootskap se plaas geskandeer.

Ek stem saam dat Suid-Afrika se diere gesondheid­status’ n kwessie is. Ek moet die Namibiërs gelukwens met hul nasionale naspeurbaa­rheid stelsel wat reeds in werking is, soos in sommige ander Afrika-lande. Terloops, hoewel dit nog in sy kinderskoe­ne is, is Suid-Afrika ook met ’n n as beur baar hei d stelsel besig.

Ons hou op 6 Maart ’n Wag y u-bekendstel­lings dag in die Agrasaal in Windhoek. Philip, ek wil jou persoonlik uitnooi om die lesings by te woon, die produk te proe en dan self te besluit of jy dink ons ’n wenner beet of nie. Wagyuvleis met sy ongeloofli­ke marmering en unieke vleistipe het nie ’n sous nodig nie. As jy dit eers geproe het, sal jy nooit wil ophou om hierdie sappige,

In die fotobyskri­f by die berig “Kaap Agri-akademie se studente blink uit” (LBW, 5-12 Januarie 2018, bl. 83) is na me. Tasneem Sulaiman-Bray as die spreker en bestuurder van korporatie­we sake by die petroleumm­aatskappy Engen verwys. Sy is egter by Kaap Agri aangestel as direkteur van korporatie­we sake en sy het die eerbewyse op die geleenthei­d in dié hoedanighe­id oorhandig.

Landbouwee­kblad korrigeer graag onjuisthed­e in artikels en nuusberigt­e. Stuur inligting oor regstellin­gs so gou moontlik ná die publikasie­datum en verkieslik skriftelik aan Izak Malherbe,

Landbouwee­kblad, Posbus 1802, Kaapstad 8000; e-pos: malherbe@ landbou.com ;faks 021 406 2940; tel. 021 406 2297. Verskaf ook u telefoon- of selnommer.

 ??  ?? SKAAPBOERE IN MURG EN BEEN . . . Zeiss Jordaan is nog net agt maande oud, maar het reeds sy pa, Japs (saam met hom op die foto by die ram Swarovski), en oupa Zeiss sr. se liefde vir Merino’s aangeleer. Klein Zeiss se ma, Nicola, het die foto op die...
SKAAPBOERE IN MURG EN BEEN . . . Zeiss Jordaan is nog net agt maande oud, maar het reeds sy pa, Japs (saam met hom op die foto by die ram Swarovski), en oupa Zeiss sr. se liefde vir Merino’s aangeleer. Klein Zeiss se ma, Nicola, het die foto op die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa