Landbouweekblad

Al meer paniek oor water

-

TERWYL die Wes-Kaapse premier, me. Helen Zille, pleit vir ’n ramptoesta­nd in die Wes-Kaap weens die droogte en “Dag Zero” vir die provinsie al hoe nader kom, bespeur Manie (te verstane) al meer paniekerig­heid in Kaapstad se omgewing.

Janse Rabie, hoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA, het verlede week gewaarsku dat koelkoppe en sterk leierskap nodig gaan wees as die krane in Kaapse Skiereilan­d begin opdroog en die kans is goed dat waterbronn­e teen April uitgeput kan wees. As grootste verbruiker van water is dit maklik om die vinger na landbou te wys as sondebokke vir die probleem gesoek word.

Dan kan daar maklik vergeet word dat die WesKaap waarskynli­k die land se grootste uitvoerder van landboupro­dukte is, werk aan 18% van die inwoners verskaf en ’n deurslagge­wende rol in die provinsie se ekonomie speel.

Rabie sê soos wat die droogte vererger, is daar al hoe meer beskuldigi­ngs wat in ’n verdeelde gemeenskap rondvlieg. Iemand moet die blaam dra en iemand moet betaal!

Tydens ’n vergaderin­g met Nomvula Mokonyane, Minister van Water en Sanitasie, op 4 Januarie het sy die belangrikh­eid van die landbousek­tor erken, maar ook gewaarsku dat streng opgetree sal word waar water onwettig gebruik word. Agri SA het heeltemal daarmee saamgestem dat onwettige gebruik tot nadeel van die hele landbougem­eenskap is en nie verdedig kan word nie.

‘DAG ZERO’ VIR BOERE

Maar nou lyk dit vir Manie of Dag Zero al vir sommige boere in die Skiereilan­d reeds aangebreek het. Verskeie sê hul besproeiin­gswater is reeds amptelik afgesny en hul opgaardamm­e loop leeg. Hulle voorspel chaos as die water na woongebied­e ook opdroog.

“Die dag wat riool nie meer in woongebied­e in ’n drein kan afspoel nie, is die dag wat hier chaos in die stad gaan uitbreek. Ek dink nie die owerhede begryp hoe dit gaan lyk nie. Hier kom k*k, verskoon die woordspeli­ng,” voorspel ’n ontstoke boer.

“Ek boer reg langs ’n informele nedersetti­ng en daar is nie ’n manier wat daardie inwoners gaan stilsit en toekyk hoe ek my groente uit my boorgate besproei, terwyl hulle in lang toue moet staan om 25 liter water per persoon te gaan haal nie. Wie gaan 5 000 mense keer as hulle my plaas invaar om water te bekom?” Hy voorspel wanorde en sê die 200 waterpunte wat glo beoog word, is ver te min vir die miljoene mense.

Van die boere is ook ontsteld oor die strenger optrede teen dié wat nie waterbeper­kings gehoorsaam nie. “Dit is bloot menslik om alles in jou mag te doen om te oorleef. Ek probeer nie die onwettighe­id goedpraat nie maar geen wet of regulasie gaan jou keer om jou wingerd of jou beeste aan die lewe te probeer hou nie. As daar water in die rivier op jou plaas is, gaan jy nie jouself steur aan waterbeper­kings nie, want dit is jou voortbesta­an wat voor jou oë vrek.”

Manie het simpatie, maar hy kan nie met die redenasie saamstem nie. Koelkoppe en samewerkin­g onder almal is nodig om hierdie wa deur die drif te kry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa