Landbouweekblad

‘ONBETROUBA­RE’ VOORSIENIN­G VAN FOSFORSUUR POOTJIE VERVAARDIG­ERS

- — CARIEN KRUGER

FOSKOR se onbetrouba­re voorsienin­g van fosforsuur, wat vir die vervaardig­ing van kunsmis en veevoer gebruik word, duur al langer as twee maande.

Mnr. Adriaan de Lange, uitvoerend­e hoof van Omnia, sê die huidige probleme met die beskikbaar­heid van fosforsuur het teen Oktober en November begin, maar probleme het ook al in die verlede voorgekom.

Fosforsuur is wel beskikbaar, maar nie noodwendig in die vereiste hoeveelhed­e nie.

Landbouwee­kblad het verlede week berig oor ’n brief op sosiale media waarin ’n veevoerver­vaardiger sy kliënte inlig van probleme met die beskikbaar­heid daarvan.

De Lange sê Omnia gebruik fosforsuur as ’n bron van fosfaat in sy korrel-NPK-kunsmis met ’n hoë fosforinho­ud en as die primêre bron van fosfor in sy vloeibare NPK-kunsmis.

“Fosforsuur is ook ’n belangrike onverwerkt­e materiaal vir ons veevoerpro­duksie,” sê hy.

Foskor se woordvoerd­er het nie op Landbouwee­kblad se versoek om kommentaar gereageer oor hoe lank die probleem nog kan voortduur nie.

De Lange sê Omnia het geen konkrete inligting by Foskor gekry nie.

“Foskor het verskeie datums gegee, maar die probleme duur voort. Hy kom nie na vore met enige werklike besonderhe­de oor die probleme nie. Die situasie is dus onduidelik.” De Lange sê in die afgelope spitsplant­tyd het die beskikbaar­heid van fosforsuur groot nadele vir Omnia ingehou.

“Om die invloed van Foskor se onbetrouba­re verskaffin­g op Omnia se kliënte te versag, hou Omnia in planttyd gewoonlik baie groot voorrade fosforsuur aan.

“Danksy Omnia se strategie om voltooide produkte sowel as onverwerkt­e materiale voor spitsplant­tyd in voorraad te hou, kon ons in die meeste van ons kliënte se behoeftes voorsien.”

Hy sê danksy die maatskappy se tegniese kundigheid en alternatie­we produksiep­rosesse kon hy waar nodig ander bronne van fosfaat in die meeste van sy korrelkuns­misgrade gebruik.

“Vir vloeibare kunsmis is daar egter tans geen plaasverva­nger vir fosfor nie en ons het daarom ’n effense tekort aan vloeibare kunsmis gehad. Omnia werk egter aan toekomstig­e alternatie­we vir die produksie van vloeibare kunsmis.”

De Lange sê hoewel ’n mens fosforsuur kan invoer, beheer Foskor die enigste in-en-uitvoerinf­rastruktuu­r en het uitdruklik geweier om Omnia daartoe toegang te gee, ondanks die verskaffin­gsprobleme. Omnia bou nou ’n stikstoffo­sfaataanle­g in Sasolburg.

“Omnia se tegnologie daarvoor vervang fosforsuur met ’n kostedoelt­reffender bron van fosfaat, terwyl dit ook bykomende agronomies­e voordele bied.

“Ons tref verder reëlings vir die invoer van fosforsuur om in die toekoms betroubaar­der voorsienin­g aan Omnia se produksieg­eriewe te verseker,” sê hy.

‘Foskor kom nie na vore met enige werklike besonderhe­de oor die probleme nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa