VRA ELEKTRONIES OM KWYTSKELDING VAN MINIMUM LOON
’N VAARTBELYNDE elektroniese proses waardeur boere kwytskelding kan verkry van die nasionale minimum loon word na verwagting binnekort vir kommentaar gepubliseer.
Me. Jahni de Villiers, hoof van arbeid en ontwikkeling by Agri SA, sê die nuwe kwytskeldingsproses, soos die Departement van Arbeid dit deurgaans verduidelik het, behels ’n elektroniese stelsel soortgelyk aan die elektroniese indieningstelsel (e-filing) wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gebruik.
Kragtens die nuwe regulasie sal boere kan aanvaar hulle is kwytgeskeld van die hoër loon indien die departement nie binne 30 dae ná hul aansoek ’n beslissing uitreik nie.
Dit kan boere van veral onvoorsiene finansiële probleme red. Toe die landbou se minimum-daglone eensklaps met R36 per dag gestyg het ná 2012 se gewelddadige proteste in die Wes-Kaap, kon boere om kwytskelding aansoek doen. Die proses het egter só lank geduur dat talle boere wie se aansoeke onsuksesvol was, toe op die ou end die nuwe dagloon terugwerkend moes betaal. Boere wat gewag het vir hul aansoeke om verwerk te word, is toegelaat om ’n laer loon aan werkers te betaal.
OP 1 MEI IN WERKING
Die Regering wil die nasionale minimum loon op 1 Mei in werking stel. Dit is vasgestel op R20 per uur of R3 150 per maand, maar vir die landbou is dit verlaag tot R18 per uur om werkverliese te voorkom en die volhoubaarheid van die landbou te verseker.
Adj.pres. Cyril Ramaphosa het aan die hoof gestaan van die ondersoek na die werkbaarheid van ’n minimum loon. Hy het reeds aangedui dat ondernemings wat nie kan bekostig om die nasionale loon te betaal nie, De Villiers sê boere wil nie noodwendig die kwytskeldingsproses gebruik nie omdat hulle vrees dit kan ’n arbeidsprobleem veroorsaak. ’n Boer wat noodgedwonge daarom moet aansoek doen, kan van sy werkers verloor wat by ’n ander boer in die omgewing gaan werk wat nie om kwytskelding aansoek hoef te doen nie.
“Dit is niemand se skuld nie, maar boere wil nie hul werkers verloor nie.”
Wat voorbereiding betref, sê Agri SA sy lede moet groot klem plaas op werkers se produktiwiteit. Die doel is om seker te maak dat die mense wat in diens is, wel produktief is. Lede moet ook weet wat die wetgewing en regulasies behels, want “in hierdie geval is kennis waarlik mag”, sê De Villiers.
Intussen waarsku mnr. Eustacie Davie, direkteur en arbeidskenner by die Vryemarkstigting (VMS), dat die instelling van ’n minimum loon ’n erger uitwerking Davie sê vir boere is dit nog erger omdat hulle allerhande ander uitgawes het, soos behuising, kos en ander hulpmiddele, maar net 10% van die uitgawes kan van ’n loon afgetrek word. “Talle boere wil graag hul werkers se lewensomstandighede verbeter en vir hulle dinge gee, maar arbeidswetgewing plaas hulle in ’n hopelose posisie.”
Volgens hom wil klein ondernemings, wat gewoonlik die meeste werk verskaf, weens die streng arbeidswetgewing nie mense in diens neem nie. Die minimum loon gaan dié situasie vererger. Davie sê in Puerto Rico het só ’n minimum loon tot 30% van werkverliese in twee jaar gelei. “Die Departement van Arbeid verwag dat 204 000 tot 897 000 mense hul werk gaan verloor, maar beskryf dit as ‘minimaal’. Dit maak my woedend.”
—
‘Boere wil nie hul werkers verloor nie.’