Landbouweekblad

WILDBOERE WIL NIE HUL KOP IN LEEUHOK STEEK

- — JASPER RAATS

WILDBEDRYF SA (WRSA) sê hy gaan nie by die polemiek rakende leeujag betrokke raak voordat hy ál die feite en standpunte deeglik oorweeg het nie.

Die organisasi­e sê in sy jongste nuusbrief dit is sy mandaat om die volhoubaar­heid van wildboerde­ry in Suid-Afrika op lang termyn te verseker. Hy is nie bereid om in te meng by die mandaat van die Beroepsjag­tersver- eniging van Suid-Afrika (Phasa) en ander organisasi­es nie.

Phasa het einde verlede jaar aangekondi­g hy gaan sy lede weer toelaat om leeus te jag wat in aanhouding geteel is. Phasa het op sy kongres in 2015 ’n resolusie aanvaar dat sy lede nie leeus sal jag wat in aanhouding geteel is nie. Die besluit van verlede jaar druis in teen die jagbeginse­ls van baie van die organisasi­e se lede. Etlike internasio­nale instelling­s het hulle weens verlede jaar se besluit van Phasa gedistansi­eer. Dit strek van die gerespekte­erde Boone and Crockett-klub in Amerika, wat hom al sedert 1887 vir etiese jag beywer, tot die Operators’ and Profession­al Hunting Associatio­ns of Africa (Ophaa), die tydskrif Sports Afield en die internasio­nale reisversek­eraar RipCord.

Ophaa het Phasa se lidmaatska­p onbepaald opgeskort. Die ander instelling­s het ál hul verbinteni­sse met en borgskappe aan Phasa opgeskort.

Die WRSA sê in sy nuusbrief hy gaan ’n beleid van stille diplomasie in hierdie verband volg en eerder regstreeks met die betrokke partye en individue in gesprek tree as om die saak in die openbaar en in die media te bespreek.

Die organisasi­e sê hy bekyk die saak van alle kante en sal met die betrokke belanghebb­endes begin skakel sodra hy gereed is om ’n amptelike standpunt bekend te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa