Landbouweekblad

DIERESIEKT­ES IS GROOTSTE PROBLEEM - RPO

- — JOHAN NORVAL

DIE Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) sal hom by ’n vinnig veranderen­de bedryfsomg­ewing moet aanpas om die produsent se volhoubaar­heid te help verseker.

Mnr. Koos van der Ryst, voorsitter van die RPO, sê produksie-ontwikkeli­ng is een van die dringendst­e kernaspekt­e waaroor die organisasi­e moet herbesin.

“Ons is steeds midde-in ’n droogte wat die verminderi­ng van aanteeldie­re genoodsaak het en ons boere se oorlewings­vermoë benadeel,” sê hy.

Die RPO het sy strategies­e benadering op ’n tweedaagse dinkskrum in Bloemfonte­in bespreek.

Volgens hom is die bekamping van dieresiekt­es die rooivleisb­edryf se grootste probleem. “Ons sal ernstig moet besin oor die sluit van vennootska­ppe om dié siektes te bestry om Suid-Afrika se status as bek-en-klouseervr­ye gebied te behou en onder meer brucellose te bekamp.”

Hy sê ook ondersteun­ende navorsing is een van die kernaspekt­e waaraan die RPO sal aandag gee. Naspeurbaa­rheid is ook van belang in dié verband. Ander kritieke punte wat in die strategies­e sessie bespreek is, is aanpassing­s aan die statutêre heffing as ’n toepaslike finansieri­ngsmodel vir onder meer die herstruktu­rering van navorsings­geld.

“Ons het aansoek gedoen om die huidige statutêre heffing vir die volgende twee jaar te verleng, aangesien daar nog nie konsensus is oor die aard en omvang van die nuwe funksies van die rooivleisb­edryf is nie. Dit sal na verwagting in Maart by die Rooivleisb­edryfsforu­m bespreek word,” sê hy. ’n

Nuwe heffing sal na verwagting in 2020 ingestel word.

Sowat R40 miljoen word jaarliks ingevorder vir die werksaamhe­de van dié bedryf.

Van der Ryst het sy tevredenhe­id uitgespree­k oor die huidige vlak van vleisinvoe­r uit Namibië. “Namibië kom die voorskrift­e van die uitvoerbel­eid na Suid-Afriks ten strengste na, aangesien ons plaaslike mark sy belangriks­te bestemming is.”

Hy maan egter dat die vrye beweging van diere oor die Lesotho-grens heen ’n dringender gesondheid­sen veediefsta­lrisiko vir Suid-Afrika inhou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa