Landbouweekblad

OBP BULT SPIERE IN ENTSTOFMAR­K

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE bestuur van Onderstepo­ort Biologiese Produkte (OBP) vertrou dat hy in die komende maande genoeg entstowwe beskikbaar sal hê vir plaaslike boere, terwyl hy ’n nuwe aanleg ontwikkel om produksies­tandaarde op te skerp.

Dr. Jacob Modumo, die OBP se hoof van sake-ontwikkeli­ng, sê entstowwe vir vee is tans die maatskappy se afdeling wat die vinnigste groei.

Die OBP bemark ook middels vir troeteldie­re, parasietmi­ddels, dipstowwe en bymiddels.

“Die OBP se totale markaandee­l is sowat 12% van die mark, terwyl sy markaandee­l vir vee-entstowwe by sowat 18% draai.

“Groei in die OBP se afdeling vir vee-entstowwe is egter meer as 10% per jaar,” sê Modumo. Hy meen ook die OBP se probleme met die verskaffin­g van entstowwe oor die afgelope twee jaar is iets van die verlede.

“Die OBP lê vanjaar baie klem op relevante entstowwe om te verseker Suid-Afrikaanse boere sal nie sonder die belangriks­te entstowwe sit nie. Ons het ook reeds genoeg entstowwe vir vektor-gedraagde siektes, soos bloutong, drie-dae-stywesiekt­e en knopvelsie­kte, asook bosluisged­raagde siektes, soos anaplasmos­e (galsiekte) en rooiwatere­ntstowwe vervaardig om te verseker boere sal ook nie in die laatsomer sukkel met entstoftek­orte nie.”

Hy sê die oprigting van die OBP se projek vir goeie vervaardig­ingsprakty­k (GMP), waar ou infrastruk­tuur en produksiem­iddele vervang en vernuwe word, vorder fluks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa