Landbouweekblad

KAROO KRY REËN, MAAR DROOGTE WYK NIE

- — FREDALETTE UYS

ONDANKS welkome reën wat sedert verlede week in verskeie dele van die Oos-Kaap geval het, is dit steeds baie droog in verskeie dele van die Karoo.

“Die Karoo se watertafel is skrikwekke­nd laag,” sê mnr. Johann Minnaar van die plaas Groenvlei, noordwes van Graaff-Reinet.

“Ek boer al die afgelope 45 jaar en dit is die laagste vlakke wat ek nog beleef het. Dit sal nog baie moet reën en kapok om dit weer gelig te kry.”

Hy sê daar is verskeie spilpunte in die omgewing wat staan om- dat daar nie genoeg water is om uit boorgate te pomp nie.

Minnaar sê sover hy weet, is die reën wat verlede week by Graaff-Reinet geval het, gemiddeld 40 mm tot 65 mm. Dié bui was die eerste behoorlike reën wat hy oor die afgelope 5 tot 6 maande op sy plaas gemeet het.

“Soos die ou mense sou sê, die reën is nou los. Hier is ten minste reën wat nou val, maar die ouens suid van Graaff-Reinet, soos Aberdeen, Willowmore en Jansenvill­e, benodig nog dringend reën.”

Volgens mnr. Andries Botha Mnr. Marx Strydom van die plaas Erekroon naby Jansenvill­e, sê die bietjie reën wat verlede week op sy plaas geval het “was nie eens genoeg om die stof vir ’n dag vas te hou nie”.

Hy sê weens ondergemid­delde reënval die afgelope twee jaar is die situasie op sy plaas nou kritiek.

Boonop word die situasie vererger deur baie hoë temperatur­e. “Ons het verlede week 47 °C in die skaduwee gemeet. Indien daar wél enige reën val, was dit

nie doeltreffe­nd nie.”

Strydom sê hy het nou omtrent al die vee wat bemarkbaar is, verkoop om die hoeveelhei­d vee te verminder wat hy moet voer. Dit beteken die diere word in ’n baie vroeër stadium verkoop.

Me. Adel McEwan wie se man, Glenn, op die plaas Hillside naby Tarkastad boer, sê hulle het verlede week ’n goeie bui reën van 35 mm gehad. Ander boere in die omgewing het tot ongeveer 60 mm reën gemeet.

Sy sê hulle kon die afgelope twee jaar nie genoeg reën in hul opgaardamm­e opvang om veevoer aan te plant nie. Sy sê die reënval tot dusver is nog nie genoeg om te kan begin plant nie, maar dit hou wel die veld groen en verskaf drinkwater aan die vee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa