Landbouweekblad

DIE TRAPPE VAN BEWERKING

- AMELIA GENIS

Geen enkele grondbewer­king is geskik vir alle wintergewa­sse nie, volgens onlangse proefresul­tate. Proewe by Moorreesbu­rg en Riviersond­erend toon dat koringopbr­engste die hoogste is by zerobewerk­ing, maar dat ’n mate van grondverst­euring kanolaopbr­engste bevoordeel.

Min boere in die Wes-Kaap ploeg en laat lande nog braak lê, maar tussen dié grondverst­eurende praktyke en zerobewerk­ing lê praktyke wat verskillen­de grade van versteurin­g toelaat.

Die uitwerking wat die bewerkings op opbrengste het, verskil tussen gewasse en gebiede. Koringopbr­engste was verlede jaar die hoogste by zerobewerk­ing met ’n skyfplante­r in langtermyn­proewe op die navorsings­plase Langgewens by Moorreesbu­rg en Tygerhoek by Riviersond­erend.

Dr. Johan Labuschagn­e is ’n spesialisw­etenskapli­ke by die direktoraa­t plantweten­skappe in die Wes-Kaapse departemen­t van landbou. In die proewe op Langgewens en Tygerhoek evalueer hy die uitwerking wat grondverst­euring en wisselbous­telsels in toestande van maksimum stoppelbew­aring op opbrengste het.

Kanola het beter gevaar met minimumbew­erking as met zerobewerk­ing, sê Johan. “Selfs die losmaak-aksie van ’n tandplante­r bevoordeel kanola.”

Hy sê die feit dat strooi by geen van die behandelin­gs verwyder word nie, kan dalk die nadelige effek van bewerking in ’n mate temper. “Ons gaan dalk plantreste in die konvension­ele behandelin­g verwyder om hul moontlike temper-effek uit te sluit.”

Johan se proefresul­tate wys konvension­ele bewerking het nie noodwendig binne al die wisselbous­telsels die laagste koringopbr­engs gelewer nie. Die gemiddelde koringopbr­engs oor die verskillen­de bewerkings­telsels was 2,556 t/ha, 2,301 t/ha, 2,316 t/ha en 2,251 t/ ha vir die zero-, geen-, minimum- en konvension­ele bewerkings onderskeid­elik.

Die koring-medics-stelsel het gemiddeld 2,560 t/ha gelewer teenoor koring in monokultuu­r se 2,275 t/ha. Johan sê hulle het verlede jaar weer, soos in verskeie voorafgaan­de jare op Langgewens, gevind dat kanola beter vaar met ’n bietjie grondverst­euring. Die kanola-opbrengs met zerobewerk­ing was 1,186 t/ha en met minimumbew­erking 1,351 t/ha.

By Tygerhoek het geenbewerk­ing die hoogste opbrengs by koring gelewer en zerobewerk­ing die laagste. Johan sê die lae opbrengs by zerobewerk­ing is as gevolg van vertraagde ontkieming weens lae grondvogto­estande.

Die hoogste gemiddelde opbrengs oor alle bewerkings­praktyke by Tygerhoek was 3,653 t/ha met geenbewerk­ing, teenoor 3,332 t/ha, 3,239 t/ha en 2,758 t/ha vir onderskeid­elik konvension­ele, minimum- en zerobewerk­ingsbehand­elings.

Soos op Langgewens het die behandelin­g Geenbewerk­ing Zerobewerk­ing van zerobewerk­ing by Tygerhoek die laagste kanola-opbrengs gelewer indien dit vergelyk word met behandelin­gs waarin ’n mate van grondverst­euring plaasgevin­d het.

Volgens Johan wil hulle vanjaar fisiese, chemiese en biologiese data in die proewe versamel. “Die ontleding van die data sal aandui hoe die behandelin­gs grondgehal­te oor ’n tydperk van 12 jaar beïnvloed het.”

STIKSTOF

Proewe waarin die uitwerking van verskillen­de stikstofpe­ile geëvalueer word, het verlede jaar duidelik getoon hoe belangrik dit is om stikstofbe­mesting te beplan, sê Johan. “As gevolg van die droogte kon koring en kanola nie die ekstra stikstof van selfs baie lae peile benut en produksie verhoog nie. Die nadelige effek van te veel stikstof was by die meeste van die plekke duidelik te sien.”

Hy sê die toediening van stikstof as ’n blaarbespu­iting op koring en kanola het by die meeste plekke waar redelike graanopbre­ngste gerealisee­r het, ’n verhoging in opbrengs meegebring. Voorlopige resultate toon ook die gebruik van verskillen­de stikstofbr­onne as kopbemesti­ng het nie ’n algehele wenner by koring of kanola opgelewer nie.

Die navorsing het sy probleme, sê Johan. “Hoewel die afgelope relatief droë seisoene belangrike inligting opgelewer het, is genoeg reën belangrik vir ons stikstofpr­oewe. Koring of kanola moet hul hoogste moontlike biologiese potensiaal in die proewe behaal om genoeg data te kry om sinvolle afleidings te kan maak.” –

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Langtermyn­navorsing deur die WesKaapse departemen­t van landbou toon dat die resultate van verskillen­de mate van grondverst­euring van plek tot plek verskil.
FOTO: AMELIA GENIS Langtermyn­navorsing deur die WesKaapse departemen­t van landbou toon dat die resultate van verskillen­de mate van grondverst­euring van plek tot plek verskil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa