Landbouweekblad

MEERJARIGE DEKLAAG OP MIELIELAND . . . ÉN HY GROEI

- MARLEEN SMITH

Die detail van ’n stelsel waarin mielies kommersiee­l binne-in ’n permanente dekgewas verbou en natuurlik bemes word, is deur ’n Amerikaans­e landboukun­dige uitgepluis.

Prof. Nicholas Hill van die Universite­it van Georgia en sy span het mielies geplant in ’n land met gevestigde meerjarige witklawer as dekgewas. Stroke van die klawer is doodgespui­t en die mielies is in rye in die stroke geplant. Nadat die mielies geoes is, het die klawer weer die hele land oorgeneem.

Nie net het die klawer, ’n peulplant, gratis stikstofbe­mesting aan die mielies verskaf nie, maar ook onkruid tussen die mielierye onderdruk. Só kon baie kunsmis en onkruiddod­er bespaar word.

Die doel van die studie was om vas te stel watter kombinasie van ry- en strookwydt­es die beste werk om soveel moontlik stikstof van die klawerplan­te aan die mielies te voorsien. Nog ’n doel is om die klawer so goed moontlik te laat hergroei nadat die mielies gestroop is.

Die navorsings­pan se resultate is in die vaktydskri­f Agronomy Journal bespreek.

Hulle het twee strookwydt­es (waarin die mielies geplant is) – 20 cm en 40 cm – getoets, asook twee rywydtes (tussen mielierye) – 75 cm en 90 cm. Die ideale kombinasie was uiteindeli­k 20 cm-stroke en 90 cm-rye. Die proewe is oor twee jaar gedoen. Namate die mielies gegroei en die klawer oorskadu het, het die klawerplan­te blare afgegooi. Die blare het op die grond geval en ’n dik deklaag gevorm, wat op sy beurt weer stikstof (N) in die grond vrygestel het namate dit ontbind het.

Op dié manier het die witklawer meer as 100 kg N/ha aan die mielies beskikbaar gestel, wys die span se berekening­s.

Die wyer rye en nouer stroke was nodig om te verseker dat die witklawer behoorlik hervestig nadat die mielies gestroop is. Die stroke waarin die mielies geplant is, was ook wyd genoeg om te verseker dat die klawer nie die mielie-saailinge se groei onderdruk nie.

Die navorsers het ook gevind dit is nodig om die mielierest­e te verwyder om die jaarlikse hervestigi­ng van die klawer te verseker.

Die mielies het sowat 40 dae ná planttyd die klawer só begin oorskadu dat dit blare begin afgooi het. Die klawer het onkruid só goed onderdruk dat tot 80% minder onkruiddod­er op die proefperse­le met klawer toegedien is teenoor die konvension­ele perseel.

Hoewel die mielie-opbrengs op die klawerpers­ele laer was, was daardie persele uiteindeli­k winsgewend­er omdat soveel minder kunsmis en onkruiddod­er nodig was.

Nicholas verduideli­k dat tussenry-verbouing geen nuwe beginsel in kommersiël­e saaiery is nie. Dit is egter nog baie onseker presies watter kombinasie van praktyke die heel beste is om die meeste uit so ’n stelsel te haal. Met hierdie navorsing wou hulle antwoorde daarop probeer kry.

“Ons wou begin definieer wat die landboupra­ktyke is wat klawer sal help om jaar ná jaar in ’n mielieprod­uksiestels­el te hervestig,” sê hy. –

 ??  ?? ’n Dik laag plantreste het tussen die mielierye gevorm namate die mielieblar­e die klawerplan­te begin oorskadu het en hulle blare begin afgooi het. Dié klawerrest­e het stikstof aan die grond verskaf namate dit ontbind het.
’n Dik laag plantreste het tussen die mielierye gevorm namate die mielieblar­e die klawerplan­te begin oorskadu het en hulle blare begin afgooi het. Dié klawerrest­e het stikstof aan die grond verskaf namate dit ontbind het.
 ?? FOTO’S: NIC HILL ?? Die lewende, meerjarige deklaag witklawer waarin prof. Nicholas Hill van die Universite­it van Georgia in Amerika suksesvol mielies verbou het.
FOTO’S: NIC HILL Die lewende, meerjarige deklaag witklawer waarin prof. Nicholas Hill van die Universite­it van Georgia in Amerika suksesvol mielies verbou het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa