Landbouweekblad

BOER GROEN, MAAK GELD

- CARIEN KRUGER EN ALEC BASSON

Melkboere kan hul invloed op die omgewing verminder sonder om hul wins in te boet.

Dít was die bevinding van dr. Craig Galloway, navorser van die landbouvol­houbaarhei­dsondernem­ing Trace & Save, in navorsing vir sy pas verwerfde doktorsgra­ad in bewaringse­kologie aan die Universite­it Stellenbos­ch (US). Trace & Save bedryf die volhoubaar­heidsproje­k van Woodlands Dairy naby Humandsdor­p.

Om ’n melkboerde­rystelsel meer volhoubaar te maak, moet boere drie elemente van plaasbestu­ur toepas: Die plaas moet soveel moontlik melk op die beskikbare grond lewer sonder dat meer kunsmis en voer nodig is. Tweedens moet grondgeson­dheid beter bestuur word om die behoefte aan kunsmis te verminder. Derdens moet boere hul weidingsbe­stuur verbeter sodat minder voer van buite die plaas nodig is.

Dit verg egter aktiewer bestuur van boere, sê Craig. Boere moet ondersteun en herinner word om volhoubare praktyke in werking te stel. Hulle wil veral die voordele sien – finansieel én vir die omgewing.

“Baie boere sê ‘dit is nie die moeite werd nie,’ ” sê Craig. Waar boere dit wél toepas, bewys die praktyke egter mettertyd hulself as die beste manier om te boer.

“My navorsing het gewys boere hoef niks aan finansiële winsgewend­heid in te boet as hulle die omgewingsi­mpak van hul praktyke wil verlaag nie,” sê hy. “Boere is optimistie­s oor en ontvanklik vir volhoubare landbou. Die struikelbl­ok lê by die inwerkings­telling van volhoubare praktyke.” Craig het onder meer melkboere op 65 Oos-Kaapse plase se opvattings oor volhoubare landbou gemeet as deel van sy navorsing.

– Dr. Alec Basson is ’n wetenskaps­krywer van die US. craig@ traceandsa­ve.com

 ?? FOTO: IMPACT PHOTOGRAPH­Y ?? Dr. Craig Galloway.
FOTO: IMPACT PHOTOGRAPH­Y Dr. Craig Galloway.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa