Landbouweekblad

Groot Phesantekr­aal gryp kanse wyl wynwiel draai

Mnr. André Brink van Groot Phesantekr­aal Boerdery in die Boland is ’n bekende graan-enveeboer en ’n ontwikkela­ar. Hy is egter ook ’n sterk wynboer, wie se strategie – om óf opbrengste na te jaag of seker te maak daar is die régte kopers vir sy druiwe – ho

-

BO: ONDER:

Soos die meeste plase in die Durbanvill­e-gebied was Groot Phesantekr­aal tradisione­el ook ’n gemengde boerdery met graan, vee en wingerd. “Die wingerd was eintlik maar net ’n mooi tuin. Ons het nie geld gemaak nie, maar dit het darem ook nie geld gekos nie,” vertel mnr. André (Oubaas) Brink oor dié vertakking wat nog maar altyd op die plaas was.

Sy pa het die ou Chenin-bosstok- en Cinsaut-druiwe alles vir stookwyn aan die KWV verkoop en later aan Koelenhof-kelder (destyds ’n koöperasie) gelewer.

Maar André volg een reël in sy boerdery, en die wingerd moes ook daaraan voldoen: “Ek glo elkeen van my bedryfsver­takkings moet groter as die gemiddelde in Suid-Afrika wees, want dan skop skaalekono­mie in. As ek nie gaan verantwoor­delikheid aanvaar vir wat ons op die plaas doen nie, en net saam met die stroom swem, gaan ek net altyd gemiddeld bly. Ek glo jy moet jouself toerus om ’n ingeligte besluit en berekende risiko’s te neem.”

André het in 1996, ná sy pa se dood, op sy eie begin boer. In 2004 het hy ’n paar weke lank in Australië gaan toer en selfs ’n opsie op twee plase naby Adelaide geneem. Aan die einde van die reis het hy ’n paar dae by ’n vriend gekuier wat al geruime tyd Doer Onder woon. Teen die tyd dat hulle die tweede aand se vleisbraai­vuur aangesteek het, het André lankal die foon opgetel om die opsie te kanselleer.

“Ek het besluit ek wil net hiér bly en daarom vind ek maniere om met Suid-Afrika se probleme te deal. Ek is anti-politiek, wat dalk nie altyd ’n goeie ding is nie. My invloed op nasionale vlak is tog weglaatbaa­r klein, daarom lê ek eerder klem op my plaaslike omgewing, waar ek wél ’n verskil kan maak.”

Toe hy eers die kopskuif gemaak het om in Suid-Afrika te bly, het André “aggressief”

 ?? FOTO: JOHAN WINTERBACH ?? lbotha@landbou.com ’n Pinotage-wingerd, opgelei volgens ’n dubbelkord­onstelsel. Dit verseker uitstekend­e opbrengste en is ook meganiseer­baar.
André verkoop sy druiwe teen hoë pryse aan uitgesoekt­e kopers, sorg dat die opbrengste goed is en voeg ook...
FOTO: JOHAN WINTERBACH lbotha@landbou.com ’n Pinotage-wingerd, opgelei volgens ’n dubbelkord­onstelsel. Dit verseker uitstekend­e opbrengste en is ook meganiseer­baar. André verkoop sy druiwe teen hoë pryse aan uitgesoekt­e kopers, sorg dat die opbrengste goed is en voeg ook...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa