Landbouweekblad

WAT IS JOU GROOTSTE STRUIKELBL­OKKE?

-

Om voorsienin­g te maak vir die droogte en steeds melk van topgehalte te lewer.

word. Teen die linkerkant­se reling is klein voerbakke sodat die koeie effens skuins staan terwyl hulle kragvoer vreet, met hul uiers nader aan die linkerkant sodat die klosse van die melkmasjie­n maklik gekoppel kan word.

Indien ’n koei geneig is om moeilik te sak, word haar kalf by haar kop vasgemaak sodat sy makliker uitgemelk kan word. Sodra die koeie gemelk is, word hulle losgemaak en gaan hulle by die ander kant van die gang uit.

Die kompetisie­wenner word onder meer op grond van die bakterie- en somatiese seltelling, asook die algehele gehalte van die melk (byvoorbeel­d bottervet-inhoud), gekies. Die bakteriete­lling mag nie meer as 200 000 dele per milliliter melk wees nie. Dus is gehaltebeh­eer en ’n hoë botterveti­nhoud baie belangrik.

Die melk wat Hennie lewer, het ’n baie lae somatiese seltelling. Dit bevat gemiddeld 3,5% bottervet. Hy word nie ekstra betaal vir hoë bottervet nie. Sy diere lewer gemiddeld 1 200 liter melk per dag wat elke tweede dag deur Namibia Dairies met ’n tenkwa op Hennie se plaas getap word.

Alles moet skoon bly: van die koeie se uiers en spene wat voor ’n melktyd met chloorwate­r gewas word tot die melktenk wat ná elke oortapping gesterilis­eer word.

“Om die uier bloot met water af te spuit, is nie goed genoeg nie, want die bakteriete­lling kan dan die hoogte inskiet,” sê hy.

Nadat ’n koei gemelk is, word die melkklos in ’n emmer skoon water afgespoel en droog geskud voor die volgende koei gemelk word, anders kan die lagie melk wat in die klos agterbly, suur word. Die melkmasjie­n pomp die melk in ’n emmer by elke koei. Dit word dan in die verkoeling­stenk gegooi, waar die temperatuu­r onder 4 °C gehou word.

TWEE MELKTYE

Die koeie wei snags sonder hul kalwers in die veld, kom soggens self na die plaaswerf toe en bly dan heeldag daar. Hulle word twee keer per dag gemelk: Van 08:00 tot 12:00 en 14:30 tot 17:00. Tussen die twee melktye rus die koeie in die krale. Ná die tweede melktyd loop hulle vanself weer veld toe waar hulle deur die nag wei. Die kalwers word bedags in ’n afsonderli­ke kraal afgehok sodat hulle nie die koeie kan uitsuip nie en wei snags in ander kampe as die koeie.

Hennie het twee krale langs sy huis. In elke kraal is daar krippe waarin hy vir die koeie brouersgra­an verskaf, wat van Namibia Breweries (in dieselfde groep as Namibia Dairies) af kom. Die melktenkwa­ens het afsonderli­ke komparteme­nte vir die brouersgra­an wat plaas toe kom en die melk, wat hulle weer terug aanry Windhoek toe. So word die vragmotors ten volle benut.

In die stalle kry die koeie ’n mengsel van brouersgra­an, kragvoer (Suiwel 15, reg.no.

 ??  ?? Die melkstal het plek vir ses koeie. Die koeie word twee keer per dag gemelk.
Die melkstal het plek vir ses koeie. Die koeie word twee keer per dag gemelk.
 ??  ?? ’n BoranAyrsh­irekruisko­ei wat baie melk lewer. Hennie kies versies van koeie wat méér as 16 liter melk per dag lewer om as vervanging­sverse groot te maak.
’n BoranAyrsh­irekruisko­ei wat baie melk lewer. Hennie kies versies van koeie wat méér as 16 liter melk per dag lewer om as vervanging­sverse groot te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa