Landbouweekblad

Sorg beter vir die swamme en die grond sorg vir jou

Boere wat vanaf konvension­ele na geenbewerk­ing omskakel, is dikwels gefrustree­rd met die stadige pas waarteen die vlakke van organiese materiaal in uitgeputte grond herstel. Is swamme die vermiste skakel?

-

Dokters weet al lankal die mikrobioom – daardie komplekse samelewing van swamme en bakterieë wat in mense se spysverter­ingstelsel voorkom – is deurslagge­wend vir menslike gesondheid. Onder landboukun­diges vat die besef nou toenemend pos dat die mikrobioom in grond net so deurslagge­wend is as jy hierdie hulpbron se produksiep­otensiaal wil laat herleef.

Dr. David Johnson van Nieu-Mexiko-staatsstof­reserwes universite­it in Amerika is internasio­naal bekend vir sy navorsing oor die vaslegging van koolstof uit die atmosfeer in grond as ’n manier om aardverwar­ming te troef.

Dié molekulêre bioloog predik al jare dat nie net die oplossing vir aardverwar­ming nie, maar ook die herlewing van boerderypo­tensiaal uiteindeli­k in saailande se mikrobioom, en spesifiek die swamme, lê.

Sy jongste navorsings­bevinding is dat mikrobiese aktiwiteit die heel belangriks­te agent in die vaslegging van stabiele kool- KORTOM

■ ’n Gesonde mikrobiese stelsel in grond is die heel belangriks­te faktor vir die vaslegging van ’n stabiele koolstofvo­orraad, wys nuwe navorsing. Tradisione­le verbouings­praktyke het die gesonde balans tussen swamme, bakterieë en plantworte­ls in saaigrond versteur. Verskuif jou fokus na die herstel van hierdie swambevolk­ings, en die res sal vanself regkom, glo dié Amerikaans­e grondkundi­ge. Sy navorsing hieroor het in 2004 begin toe hy ’n projek vir die Amerikaans­e departemen­t van landbou begin het om vas te stel hoe die mis uit melkerye in ’n nuttige produk vir die landbou omgeskakel kan word.

Die resultaat was ’n komposteri­ngproses wat die soutgehalt­e van die mis verlaag het. Hierdie kompos was nie net veilig vir toediening in grond nie, maar het ook ’n diverse mikrobiese gemeenskap­struktuur gehad.

David verduideli­k dat komposteri­ng gewoonlik in windrye gedoen word, wat beteken die kompos word gereeld gedraai. Dít ontwrig swamgroei.

Die nuwe proses wat hulle ontwikkel het – die Johnson-Su-tegnologie – is staties en vind sonder omdraai plaas, wat toelaat dat die swamgemeen­skappe in die kompos floreer.

Dit het die nodige waterverbr­uik vir die komposteri­ng sesvoudig verminder, en die nodige tyd met 66% verkort.

 ?? FOTO: NIEU-MEXIKO-STAATSUNIV­ERSITEIT ?? marleen.smith@landbou.com Dr. David Johnson met ’n stuk grond uit ’n proefperse­el wat so behandel is dat swambevolk­ings ’n beter kans gekry het om te ontwikkel.
FOTO: NIEU-MEXIKO-STAATSUNIV­ERSITEIT marleen.smith@landbou.com Dr. David Johnson met ’n stuk grond uit ’n proefperse­el wat so behandel is dat swambevolk­ings ’n beter kans gekry het om te ontwikkel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa