Landbouweekblad

SLIM PLAN VIR SLIMFOON

-

MONTEERSTU­K Met slimfone wat deesdae alles van weervoorsp­ellings tot padaanwysi­ngs gee, is dit alledaags om ’n foon teen byna elke motor se voorruit op die paneelbord gemonteer te sien. Alle monteerstu­kke is egter nie ewe goed nie.

Die ideaal is ’n lekker stewige monteerstu­k waarvan die arm tussen die suier teen die voorruit en die hegstuk op die paneelbord is sodat die foon so stewig as moontlik geanker is en dit alle onnodige vibrasie uitskakel – veral op plaaspaaie!

Die toestel moet jou foon stewig vashou, maar sonder dat jy ’n graad in meganiese ingenieurs­wese nodig het om dit daar uit te haal. Om die waarheid te sê, as jy jou foon soos ’n yskasmagne­et teen iets kon laat vasplak en net so maklik afhaal, sou dit baie gerieflik wees.

Wel, die Phrone is ’n magnetiese monteerstu­k vir fone wat wegdoen met al die onnodige suiers, klampe, hefbome en knippe van tradisione­le monteerste­lsels. Die monteerstu­kkie plak gerieflik met sponskleef­lint teen die plek waar jy jou foon wil laat staan of hang.

’n Mens kry twee monteersky­fies. Jy kan een in die bakkie sit en een in die gesinsmoto­r gebruik.

Hoewel dit magneties werk, sal dit nie jou foon se geheue uitwis nie. Die neodymium-magnete is veilig vir alle elektronie­se toebehore. Die monteerstu­kkie agter op die foon klik net magneties teen die monteersky­fie vas en siedaar! Dit kan 360 grade roteer en sit stewig omdat daar nie ’n arm tussen die monteeropp­ervlak en die foon is wat hefboomkra­g uitoefen nie. Prys: Sowat R185 (BTW sal by die poskantoor betaalbaar wees wanneer jy die pakkie gaan afhaal.) ’n Mens bestel dit oor die internet en betaal met PayPal. https://shopparoo.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa