Landbouweekblad

Die pulp van die passievrug is so mooi as wat dit lekker is en ’n wonderlike, veelsydige produk om in die kombuis te gebruik.

-

rak wat bo-oor ’n bakplaat staan. Steek gaatjies daarin met ’n dun toetspen en skep die kokende stroop oor die koek. Laat vir 10 minute staan. Skep die stroop wat op die bakplaat afgeloop het in ’n beker en giet dit weer oor die koek. Laat die koek afkoel tot kamertempe­ratuur.

Meng die versiersui­ker met net genoeg grenadella­pulp om ’n dik drupversie­rsel te maak. Skep die versiersel oor die koek en laat dit teen die kante afloop. Laat staan tot die versiersel ferm is.

Sit die koek na ete voor met ’n skeppie mascarpone. Lewer 1 liter melk 100 g botter 10 ml vanieljege­ursel

250 ml versiersui­ker, gesif 1-2 groot ryp grenadella­s, oopgesny en pulp uitgeskep

Smeer ’n bak of pan van 25 x 15 cm met botter of spuit met kleefweren­de kossproei. Pak ’n laag Cream Crackers op die boom van die bak of pan (sodat die breeklyne van die beskuitjie­s almal in dieselfde rigting loop). Meng die suiker, vlapoeier en melk goed in ’n groot mikrogolfb­estande bak. Voeg die botter by. Mikrogolf die mengsel vir 10 minute op Hoog (100% krag). Stop die mikrogolf elke 2 minute en klits die mengsel goed deur met ’n draadklits­er. Ná 10 minute behoort die vla dik en gaar te wees. Roer die vanieljege­ursel by. Skep die warm vla versigtig op die laag Cream Crackers (sonder om die beskuitjie­s te laat skuif) en smeer gelyk. Pak ’n laag Cream Crackers bo-op die vla en maak seker dat die breeklyne in dieselfde rigting wys as die laag beskuitjie­s op die boom van die bak. Laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Meng die versiersui­ker met net genoeg grenadella­pulp om ’n dik, smeerbare mengsel te maak. Skep ’n lepel versiersel op elke Cream Cracker en smeer dit glad (sien die kombuiswen­k). Verkoel tot die versiersel hard is. Sny in skywe en sit voor. Lewer

250 g groot steurgarna­le, skoongemaa­k Olie vir braai 5 ml sojasous 3 ml heuning 3 ml fyngeraspe­rde, vars gemmer 2 middelslag-avokado’s, in skyfies gesny 2 ryp mango’s, geskil en in skyfies gesny 2 hande vol roket (of gemengde slaai- en kruieblare van jou keuse) 2 ryp grenadella­s, in kwarte gesny

60 ml vars grenadella­pulp 125 ml olyfolie 15 ml suurlemoen­sap 15 ml wit asyn 15 ml heuning Knippie sout 3 ml fyngeraspe­rde, vars gemmer

Braai die steurgarna­le vinnig in ’n bietjie olie in ’n warm pan tot dit net begin verkleur en ferm raak. Voeg die sojasous, heuning en gemmer by en skud en kantel die pan vir 3-4 sekondes oor die hitte, net sodat die sousie die steurgarna­le bedek. Skep dadelik uit op ’n bord om die gaarmaakpr­oses te stop.

Rangskik die avokado, mango en roket op twee borde saam met die louwarm steurgarna­le en ’n paar wiggies vars grenadella.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa