Landbouweekblad

Jy sien die Knysna-strandmeer, die Knysnarivi­er en die Koppe van die baan af.

-

wat die 100ste plek beklee met 50 punte uit 80. Die verskil lê dikwels slegs in die baan se ontwerp, wat afhang van die argitek.

Simola het ’n uitleg wat eie is aan Jack Nicklaus (dit was ook sy eerste ontwikkeli­ng in hierdie geweste). Die baan smelt behoorlik in by die terrein. Die syfer vyf-putjies het klein setperke, omring deur sandkuile wat ook as teikens of merkers dien vir naderhoue.

Daar is strategies geplaasde skoonveldk­uile en heelwat hondebeen-putjies, wat links én regs draai. Die setperke het subtiele hellings wat noodsaakli­k is om die balletjie goed te plaas om drie sette te vermy. Benewens die bofhou op die veertiende, waar jy net die vlaggie kan sien, is daar geen blinde hou nie (soos die geval op menige kusbane). Net hierdie aspek alleen maak die moeilike spel al heelwat makliker.

Die tweede putjie, ’n syfer vier, se bof sit hoog bokant die setperk, maar vereis ’n reguit bofhou as jy die vlaggie met ’n kort yster wil aanval. Die syfer drie-putjies is betreklik lank, hoewel twee van hulle afdraande speel.

VERDER VAN DIE SEE

Wat Simola onderskei van die ander gesogte bane in die omgewing, is dat dit effens weg lê van die see af in ’n meer bergagtige landskap. Die meeste putjies (en die halfpadhui­s) is onder in ’n vallei, waar jy deur dennebome speel en gewoonlik beskut is teen die kuswinde.

Die klubhuis en hotel is op ’n koppie gebou en troon ver bokant die baan uit. Die baan is vanselfspr­ekend altyd in ’n goeie toestand.

Al speel jy die dag nie goed nie, vergoed die asemrowend­e uitsig daarvoor. Jy sien die Knysna-strandmeer, die Knysnarivi­er en die Koppe van die baan af.

Simola kan tot 6 350 m lank gerek word vir mans en is 4 600 m van die voorste vroue-bowwe af. 044 302 9677.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa