Landbouweekblad

Die droogte dwing boere om besluite te neem, waarvan die moeilikste is of jy gaan omdraai en wegloop of aanhou en harder probeer.

-

Om sáám met iemand te huil, is helender as om alleen te huil, meen ek. Ek gaan huil dus namens al die bekommerde boere by dr. Philip Theunissen, forensiese landbou-ekonoom. Ek soek antwoorde. Ons soek raad. Waar moet bekommerde boere begin?

Sy antwoord kom vinnig: “Vind ’n nuwe resep. Twintig jaar gelede was die Vrystaat toebeplant onder koring. Vandag is dit ’n seldsame gesig. Daar is ’n rede daarvoor. Boere moet hierdie dinge raaksien en aanpas om volhoubaar te bly. Moenie agter die trop aanhardloo­p nie – jy gaan jou op verkeerde plekke op verkeerde tye bevind.

“Nog ’n deurslagge­wende faktor is om met kontant te boer pleks van met skuld. Al een wat finansieel bevoordeel word, is die passiewe vennoot – die kredietver­skaffer. Finansiële dissipline is van die uiterste belang. Jy kan net uitgee wat jy het. Pas dié beginsel toe! Ek het baie vertroue in ons boere. Hulle is mense wat kan aanpas, planne maak en hul vernuf kreatief aanwend.”

Ek dink dadelik aan die slim boer in ons kontrei wat ’n plan gesien het met die nuwe boetebessi­e in ons omgewing. ’n Paar van sy skape het gevrek, maar pleks daarvan om hulle te begrawe, het hy ’n karkas afgelaai by elke bossie waar sy wegkruip langs die grootpad buite ons dorp. Selfs ’n dooie skaap kan goed benut word – al is dit dan net vir die vrot aroma!

Ná my leersame dag by Philip sien ek hoe vernuftig my kinders was terwyl ek weg was. Ouboet het ’n waentjie gemaak om agter sy motorfiets te sleep. Nou soek hy ’n proefkonyn en sy twee kleinboeti­es is op die kortlys. Eers druk hy die naasjongst­e in sy kontrepsie, maar voor die wiel sy eerste sirkel voltooi, spring hy vervaard uit. Nou kyk hy na sy jongste boetie. Die mamma in my begin pleit en smeek, maar in die

“Chill, Ma!” paai Ouboet. “Mamma is heeltemal te oorbeskerm­end met die twee kleintjies.”

Hy trek met ’n vaart weg. Ek slaak ’n sug van verligting toe hulle later voor my stilhou – darem in een stuk.

“Sien, ek het mos gesê Mamma worry te veel,” lag hulle vermakerig.

Twee weke later eet einste Kleinste stof. Die twee wiele wou nie meer saamspeel nie. Ouboet het nie draaie in berekening gebring toe hy sy patent ontwerp het nie. Die kassie op wiele het ernstige aandag nodig, en Kleinste benodig pleisters op sy knieë.

Die vernuf van ons boere – en hul kinders – ken voorwaar geen perke nie. Sanet woon al meer as 20 jaar op ’n plaas in die OosVrystaa­t waar haar man ’n gemengde boerdery bedryf. Hulle het vier seuns. Sy het onderwys op Potchefstr­oom gestudeer en het ’n ruk gelede ’n skryfskool in die Wes-Kaap voltooi.

 ??  ?? Reeds van jongs af is boere bekend vir die planne wat hulle maak. Dié vindingryk­heid sal hulle help om ná die droogte te oorleef.
Reeds van jongs af is boere bekend vir die planne wat hulle maak. Dié vindingryk­heid sal hulle help om ná die droogte te oorleef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa