Landbouweekblad

Plaas jou sorge elke oggend op Hom wanneer jy dit nie meer kan baasraak nie. Dit raak ’n goeie gewoonte.

-

Ek het my perd Snowy, ’n reun, onlangs vir ’n afrigtings­essie na die perdering agter die plaasskuur geneem, onbewus daarvan dat my seun se hings na die kamp verskuif is waardeur ons moes loop. My rug was na die hings gekeer en terwyl ek die hek toemaak, het ek ’n gedreun van hoewe gehoor en daar was ’n stofwolk soos die hings my reun aangeval het. Uiteindeli­k het Snowy daarin geslaag om van die hings weg te kom, maar in die proses het sy teuel gebreek.

Ek het die een punt van die teuel opgetel en dit met ’n knoop aan die toom vasgemaak. Toe ek later by die huis kom, het ek die teuel weer met ’n skroef en boutjie aan die toom vasgesit. Op dié manier bly dit stewig vasgeheg en kan dit nie loskom tensy dit weer breek nie.

Terwyl ek daarmee besig was, het ek aan ’n ou gesegde gedink: Voorsorg voorkom nasorg. Is dit nie ongeloofli­k hoe ons in tye van ’n krisis regtig ons teuels nodig het nie?

Ons moet tyd met God deurbring – nie net wanneer dinge verkeerd loop of ons in ’n moeilike situasie is nie. Ons moet dit elke liewe dag doen. Ons moet daardie dinge regmaak wat verkeerd is, soos onvergeefl­ikheid, haat, angs, depressie en angstighei­d. Bring tyd in gebed deur en lees die Bybel. As ’n krisis ontstaan, sal ons die situasie kan baasraak.

Die Here Jesus herinner ons voortduren­d in 1 Petrus 5:7: “Werp al jul bekommerni­sse op Hom, want Hy sorg vir julle.”

Ons plaas nie ons sorge op Hom wanneer ons dit nie meer kan baasraak nie. Ons moet dit elke oggend doen. Dit raak ’n goeie gewoonte, en wanneer die moeilike tye aanbreek, kan ons ons probleme met vertroue aan God oorgee met die wete dat Hy raad in ons harte sal plaas en ons gemoedsrus sal skenk. Hy sê in Johannes 14:27: “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie en julle moet nie bang wees nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa