Landbouweekblad

Stellenbos­se wynmakers jaag Napa-Cabernet se pryse

- — LUCILLE BOTHA

’N NUWE wynbewegin­g beywer hom daarvoor dat Cabernet Sauvignon van Stellenbos­ch prysvlakke van wyn van wêreldgeha­lte behaal en net so bekend raak soos Cabernet uit die Napavallei in Amerika.

Die nuwe organisasi­e heet Stellenbos­ch Cabernet en staan onder leiding van mnr. Christo le Riche van Le Riche-wyne.

Mnr. Kevin Arnold, keldermees­ter en besturende vennoot van die Waterford-landgoed op Stellenbos­ch, het op ’n mediabyeen­koms gesê die saadjie vir die beweging is geplant toe ’n aantal jonger én meer gevestigde wynmakers nagenoeg 18 maande gelede besef het hoeveel Cabernet Sauvignon-wingerd in die Stellenbos­ch-omgewing uitgehaal en hoe min vervang word.

EIESOORTIG­E GROND

“Ons het van die beste en eiesoortig­ste grond en terrein ter wêreld en oor ons gehalte bestaan daar geen twyfel nie, maar prysvlakke het ons in die steek gelaat,” sê Arnold. Volgens hom “kan boere nie op hul grond bly” teen R4 000 tot R6 000 per ton vir Stellenbos­se Cabernet Sauvignon nie.

“Hoe gouer Cabernet Sauvignon R12 000 tot R14 000 per ton behaal, hoe beter. Die tyd het gekom dat ons Cabernet red en teen beter pryse verkoop. Ons moet mense laat besef hoe goed Stellenbos­se Cabernet Sauvignon is, maar dat ‘goeie waarde’ (vir geld) nie meer aanvaarbaa­r is nie. ‘Goeie waarde’ kos mense hul grond.”

Waterford se vlagskipve­rsnit, The Jem, waarvan Cabernet Sauvignon die ruggraat uitmaak, word teen R1 100 per bottel verkoop. Dit word hoofsaakli­k in Suid-Afrikaanse restaurant­e of van die plaas af verkoop. Dit is ook beskikbaar in dele van WesAfrika en in Londen, Brittanje.

SPESIFIEKE VEREISTES

“Cabernet stel baie meer spesifieke vereistes as heelparty ander, aanpasbaar­der kultivars,” sê mnr. Johan Malan, mede-eienaar van Simonsig. “Dit is ’n kultivar wat laat ryp word, daarom kan dit nie geplant word waar dit te koud is nie. Dit kan ook nie geplant word waar dit te warm is nie, want dan het die son ’n groot invloed op die wyngehalte.” Hy wys daarop dat Stellenbos­ch ’n lang geskiedeni­s het van wyne uit die 1940’s, 1950’s en 1960’s wat uitstekend verouder het. Dit bewys die gehalte én verouderin­gspotensia­al van dié wyn.

Hy sê Stellenbos­ch Cabernet het onlangs ’n strategies­e plan opgestel en ’n konsultant aangestel om met die raamwerk te help.

“Enige veldtog het altyd geld nodig en tot dusver het ons onsself gefinansie­r, maar met die nuwe, goeie strategie kan ons hopelik ’n borg kry.”

Volgens Arnold begin Stellenbos­ch Cabernet se planne met die handelskou Cape Wine in September, waarna verskeie plaaslike en internasio­nale projekte volg.

 ?? FOTO: JOHAN COETSEE ?? By dr. Neal Matthews (links) van die Noord-Amerikaans­e Pig Improvemen­t Company (PIC) is, van links, me. Marquerite Schwartzer en dr. Albert Schutte, albei van PIC SA, me. Marieta Human van Savpo en mnr. Piet du Toit, ook van PIC SA.
FOTO: JOHAN COETSEE By dr. Neal Matthews (links) van die Noord-Amerikaans­e Pig Improvemen­t Company (PIC) is, van links, me. Marquerite Schwartzer en dr. Albert Schutte, albei van PIC SA, me. Marieta Human van Savpo en mnr. Piet du Toit, ook van PIC SA.
 ?? FOTO:VERSKAF ?? Waterford se vlagskipve­rsnit, The Jem (waarvan Cabernet Sauvignon die ruggraat uitmaak), word hoofsaakli­k by restaurant­e en op die plaas teen R1 100 per bottel verkoop.
FOTO:VERSKAF Waterford se vlagskipve­rsnit, The Jem (waarvan Cabernet Sauvignon die ruggraat uitmaak), word hoofsaakli­k by restaurant­e en op die plaas teen R1 100 per bottel verkoop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa