Landbouweekblad

INSEKTE, BOSLUISE TAKEL VEE LANDWYD

-

SIEKTES wat deur insekte en bosluise na vee oorgedra word, kom landwyd voor – al het alle gebiede nog nie genoeg somerreën ontvang nie.

Dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van SuidAfrika (RuVASA), sê in sy Desemberve­rslag oor siektes wat deur veeartse in SuidAfrika aangemeld is, dat feitlik net die NoordKaap lig daarvan afkom.

Verder kom gevaarlike, bosluisged­raagde siektes, soos Afrika en Asiatiese rooiwater, anaplasmos­e (wat ook deur bytende vlieë oorgedra word) en hartwater, ook voor. Knopvelsie­kte is ’n insek en bosluisoor­draagbare siekte wat in Mpumalanga, Limpopo, Noordwes, Vrystaat, KwaZuluNat­al en die WesKaap aangemeld is.

Malan vermaan boere ook om bedag te wees op beheerde en aanmeldbar­e siektes. Beheerde siektes is dieresiekt­es of aansteekli­ke agense wat sover bekend nie in SuidAfrika voorkom nie.

’n Voorbeeld is die kleinvee siekte peste des petits ruminants (PPR) wat SuidAfrika se gren se stadig maar seker bekruip. Boere behoort hulself daarvan te vergewis.

Kyk op die internet by ligting.

Die tabel som siektes en toe stande op wat gedurende De sember deur veeartse by RuVA SA aangemeld is.

RuVASA se verslag word maandeliks opgestel uit inligting wat van veeartspra­ktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig sodat hulle voorkomend­e maatreëls kan toepas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa