Landbouweekblad

UIEPRYS BRING GLIMLAGTE

- — JOHAN VAN DER MERWE

Die droogte in die Wes-Kaap en minder beplante hektare in die Noord-Kaap het meegebring dat ’n laer as normale volume uie tans beskikbaar is. Die prys is dus bykans dubbel wat dit gewoonlik is.

Die uieprys van alle klasse en grade op alle varsproduk­temarkte in Suid-Afrika was op 17 Januarie gemiddeld R5,22/kg. Volgens mnr. Pieter du Toit, voorsitter van die uiebedryfs­organisasi­e vir boere van Ceres en direkteur van Du Toit Groente, is dié prys nagenoeg dubbel wat dit gewoonlik hierdie tyd van die jaar is. “Die droogte het sy tol geëis. Ons het verwag dat die prys hoër gaan wees, maar daar is tog goeie volumes wat uit die noorde van Suid-Afrika in die suide bemark word,” sê Du Toit.

Ceres bemark gewoonlik uie vanaf Februarie tot Junie. Vanjaar het dié gebied slegs 60% van sy normale aantal hektare beplant weens die droogte. “Ons voorspel ’n groot tekort aan uie vanaf April tot Junie en die huidige prys kan sywaarts beweeg vir die volgende maand of twee. Dit behoort dan sterk te styg wanneer die aanbod van uie daal.”

Tans lewer die Noord-Kaapse produsente nagenoeg 40% van die nasionale volume. Volgens me. Leonie Haak, woordvoerd­er van die Noord-Kaapse uieproduse­nteverenig­ing, het dié provinsie tot 17 Januarie 38% van sy totale aantal hektare gelewer. “Die gehalte uit die Noord-Kaap lyk baie goed en die produsente glimlag oor die goeie prys. Die streek het minder uie aangeplant as vorige jare, maar dit is moeilik om ’n presiese aantal hektare te beraam,” sê sy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa