Landbouweekblad

GEMIDDELDE LIETSJIE-OES VIR 2018 VERWAG

- — FREDALETTE UYS

Met die lietsjiese­isoen wat einde se kant toe staan, word ’n gemiddelde Suid-Afrikaanse oes vir vanjaar geskat.

“Hoewel uitvoersyf­ers goed lyk, beleef die oeste ’n gemiddelde jaar. By Nelspruit en Malelane het hoë temperatur­e in die winter die oes benadeel en was die opbrengs laer as verwag,” sê mnr. Bobby Price, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lietsjiekw­ekersveren­iging (SALKV). Hy sê daar is nog nie finale syfers oor die opbrengs nie, maar dit lyk asof oesvolumes in ander streke gemiddeld sal wees.

Hoewel Europa steeds die grootste uitvoermar­k is, lyk die ontluikend­e Amerikaans­e mark belowend vir toekomstig­e uitvoer.

“Die lietsjiekw­ekers is optimistie­s om op dié mark te kapitalise­er. Ons mikpunt is nou om die mark vir die toekoms te stabilisee­r.”

Volgens mnr. Adam Hugo van Gilbert-pakkers op Louis Trichardt het die eerste besending lietsjies na Europa ondergemid­delde pryse behaal vergeleke met vorige jare weens ’n hoë volume uit SuidAfrika. Hy voorsien egter dat pryse sal verbeter namate die besendings uit Suid-Afrika verder verspreid sal wees.

Volgens hom sal toekomstig­e lietsjievo­lumes uit Louis Trichardt heel moontlik laer wees omdat verskeie boere wat kleiner boorde onderhou, tans hul lietsjiebo­orde met dié van neutbome vervang weens die hoër winsmarges.

 ??  ??
 ??  ?? Klas A2/A3
Klas A2/A3
 ??  ?? Klas A2/A3
Klas A2/A3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa