Landbouweekblad

GROEPS- OPERASIONE­LE BESTUURDER PRETORIA

-

Ons kliënt, ‘n markleier in die landbou-omgewing, spesifiek die volstruis(wat die volle waardekett­ing ontsluit), asook neutbedryf, beskik oor ‘n uitdagende beroepsgel­eentheid vir ‘n dinamiese, energieke persoon met visie. Aansoeke word ingewag van persone met ‘n B.Ing. (landbou), B.Sc.Agric., B.Econ. (landbou) of gelykwaard­ige kwalifikas­ie, ondersteun deur ‘n minimum van 10 jaar bewese bestuurser­varing, wat insluit strategies­e beplanning, bestuur van finansiële en fisiese hulpbronne, asook menslike hulpbronne (verkieslik in ‘n landbou-omgewing). Die persoon moet beskik oor wye besigheids­insig en sterk dryfkrag, uitdagingg­edrewe wees, goed kan organiseer, die groter prentjie kan visualisee­r, aandag aan detail kan gee en improviser­end wees, met die vermoë om onafhankli­k te kan werk en verantwoor­delikheid kan aanvaar. Verdere vereistes is ‘n passie vir landbou, bogemiddel­de menseverho­udinge, kommunikas­ievaardigh­ede en ‘n sin van dringendhe­id. Hoofverant­woordelikh­ede sal insluit: * Strategies­e beplanning van groep; * handhawing en verbeterin­g van die produksie en gehaltepro­fiel van die groep; * dag-tot-dag-bedryfsbes­tuur; * bestuur van projekte; * skakeling en bou van goeie verhouding­e met kliënte en kopers; * bestuur van trust en eiendomspo­rtefeulje; * begrotings- en kostebestu­ur vir die groep. ‘n Mededingen­de vergoeding­spakket met aansporing­skema word aangebied, gekoppel aan kwalifikas­ies en ondervindi­ng. ALLE AANSOEKE SAL STRENG VERTROULIK HANTEER WORD. Rig u CV, met verwysing MGOB, voor 15 Februarie 2018 aan: ORFFER &VAN DER MERWE HUMAN RESOURCE PRACTITION­ERS E-pos: recruitmen­t@ovdm.co.za Faks: 054 331 3338 www.orffervand­ermerwe.com

Indien u nie binne drie (3) weke na die sluitingsd­atum genader is nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvo­l was.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa