Landbouweekblad

ONS EIE WEEKLIKSE TV-PROGRAM!

VIA en Landbouwee­kblad snoer vanjaar kragte saam met ’n nuwe TV-program, Landbouwee­kliks, waarvan die vierde episode op Dinsdag 30 Januarie te sien is.

-

Komreissaa­mmet Landbouwee­kblad na van die land se beste boere. Dié boere bepaal die agenda en dink nuut. Hulle is groot boere, kleinboere, mans én vroue, wit, swart en bruin. Daar is natuurlik ook groot masjinerie, pragtige diere en indrukwekk­ende landerye!

Landbouwee­kliks werp nie net lig op die tegniese aspekte van die landbou nie, maar ook op die boere se visie en lewenspad. Kenners gee ook elke week raad en inligting.

Nuwe episodes word elke Dinsdagaan­d om 19:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Die reeks bestaan uit 26 episodes van ’n halfuur elk en heruitsend­ings is op Sondae om 17:30.

Die radio-en-TV-persoonlik­heid Ivor Price het vir die reeks na plase oor die hele SuidAfrika gereis. Hy het besonderse boere en hul bestuurder­s en werkers ontmoet.

‘DOEN MEER MET MINDER’

“Boere is van die beste bestuurder­s in die Suid-Afrikaanse ekonomie,” sê Chris Burgess, redakteur van Landbouwee­kblad.

“Nie net moet hulle talle veranderli­kes, soos die weer en die wisselkoer­s, suksesvol bestuur nie, maar hulle moet ook met vernuwende oplossings vorendag kom vir byna onoorkomel­ike probleme.

“Een daarvan is dat hul insetkoste vinniger styg as die prys van die produkte wat hulle lewer. Hulle moet nuut dink, nie net met hul masjinerie nie, maar ook oor hul metodes, om meer met minder te kan doen.

“Die resultaat is besonderse mense met ’n besonderse perspektie­f op die lewe wat gewone kykers sal verras en verstom.

“Beleef boere soos jy hulle nog nooit vantevore beleef het nie.”

NOG INLIGTING

Volg Landbouwee­kliks en Landbouwee­kblad op Facebook en @landbouwee­kliks en @landbou op Twitter. Volg gerus ook VIA TV op Facebook en @viatv op Instagram om op die hoogte te bly. Besoek Landbou.com vir nog inligting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa