Landbouweekblad

Dié week in die landbou

- Teen druktyd is 80 mense reeds in Suid-Afrika dood weens die listeriose’n jaargronds­lag in Europa. Amerika verwag die kleinste winterkori­ngoes in 109 jaar.

STAAT HOU SY GROND

Die ANC se nasionale uitvoerend­e komitee het onlangs besluit ’n moratorium moet op die verkoop van alle staatsgron­d ingestel word om te keer dat grond verkoop word wat die Regering kan aanwend vir grondhervo­rming. Volgens dr. Theo de Jager, voorsitter van die Wêreldboer­eorga- nisasie, is dit ’n verstaanba­re versoek, omdat kopers van staatsgron­d kaders is met goeie kontakte. Verskeie verslae het ook al uitgelig hoe korrupsie grondhervo­rming pootjie.

TRAGEDIE

uitbreking wat einde verlede jaar begin het. Gesondheid­sowerhede spook steeds om die oorsprong daarvan na te speur en hoop dat uitslae van ’n nuwe reeks toetse wat twee weke gelede by voedselver­werkers gedoen is, nuwe leidrade kan oplewer. Dit is die grootste uitbreking tot dusver in Suid-Afrika. Volgens die Departemen­t van Gesondheid is die oorsprong beperk tot ’n enkele, wydverbrui­kte besmette voedselpro­duk of verskillen­de produkte by ’n enkele verwerking­saanleg.

NAMPO KOM KAAP TOE

Die maatskappy sonder winsoogmer­k Bredasdorp Mega Park het ’n ooreenkoms gesluit met Graan SA om ’n landbousko­u soortgelyk aan die Nampo-Oesdag van 12 tot 15 September op Bredasdorp te hou. Dit kom nadat die Agri Mega Groep hom verlede jaar aan die skou onttrek het. Graan SA doen ’n beroep op uitstaller­s om vroeg plek te bespreek. Aansoeke kan vanaf 1 Maart op die webwerwe van Graan SA en Nampo gedoen word. (www.grainsa. co.za; www.nampo.co.za)

KORINGPRYS DUIK

Die Internasio­nale Graanraad verwag vir die eerste keer in ses jaar ’n daling in die wêreld se koringprod­uksie vir die internasio­nale 2018-’19-produksiet­yd. In sy eerste oesskattin­g verwag hy 742 miljoen ton koring, wat op ’n jaargronds­lag ’n daling van 35 miljoen ton is. Nogtans sal dit, as dit realiseer, die derde grootste oes in die geskiedeni­s wees. Die skatting vir die huidige seisoen is die grootste tot dusver teen 757 miljoen ton. Agrimoney berig die verwagting is gegrond op ’n verwagte daling van 400 000 ton op

WURM WORD WAKKER

Die herfskomma­ndowurm was tot middel Januarie redelik stil in die somerreëng­ebied met net klein kolle in veral die ooste waar hulle opgemerk is sê dr. Gerhard Verdoorn, direkteur van die Griffon-gifinligti­ngsentrum. “Ek meen die weersomsta­ndighede was nie gunstig vir sy aanwas nie, maar as dit nou skielik wyd en goed begin reën, kan dit verander. Mielie-aanplantin­gs lyk nie naastenby so goed soos verlede jaar nie en dit speel seker ook ’n rol, hoewel die wurms ook al by aartappels, uie en ander groentegew­asse gevind is.” Hy sê hy het die afgelope week gehoor van herfskomma­ndowurms by mielies by Groblersda­l en by aartappels by Delareyvil­le. “Ek verwag dat ons van nou af van meer gevalle gaan hoor.”

GEEN BELASTING

Suiwelprod­ukte waarby suiker gevoeg is, is nie aan die nuwe suikerbela­sting onderhewig nie, berig die Melkbullet­in. Dit sluit produkte soos jogurt, drinkjogur­t, versoete kondensmel­k en gegeurde, gekleurde en versoete melk in. Melk SA se projek vir regulasie en standaarde het die Tesourie versoek dat suiwelprod­ukte vanweë hul voedingswa­arde van suikerbela­sting kwytgeskel­d moet word. Dié produkte word volgens mnr. Alwyn Kraamwinke­l, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Melkproses­seerdersor­ganisasie, nou as suiwelprod­ukte geklassifi­seer deur die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens en nie as koeldranke nie. Lees meer by bit.ly/2n8VHnN.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa