Landbouweekblad

Geen bedryf ontsnap dié verwoestin­g

- JOYLENE VAN WYK

NÁ 2015 se ondergemid­delde reënval was dit aanvanklik die veebedryf wat swaargekry het, maar sedertdien het die droogte se impak na die hele landbousek­tor uitgekring.

Volgens mnr. Carl Opperman, uitvoerend­e hoof van Agri WesKaap, is boere se waterkwota­s reeds met gemiddeld 60% besnoei en in die Olifants-Doring-skema is boere se beskikbare water al met 87% ingekort. Boere van die Benede-Bergrivier se waterkwota­s is reeds opgebruik.

Aanduiding­s van hoe die droogte produksie raak, is die volgende:

Die druiwe-oes vir wynproduks­ie is tot 18% kleiner. Die pruimoes is 10% kleiner, perskes en nektariens 5%-6% en appelkose 16%. Nagenoeg 5% van alle beeste en 22% van alle skape is tot dusver in die Wes-Kaap geslag. Tot die helfte van die normale hoeveelhei­d kuilvoer is gemaak, wat die melkbedryf benadeel. ’n Tekort aan ruvoer word verwag in gebiede waar ekstensief met diere geboer word. Die uitermatig­e hitte en watertekor­te vererger die situasie.

VOEDSELSEK­ERHEID

“Ons is beslis bekommerd oor voedselsek­erheid,” sê Opperman. ’n Ondersoek het gewys wanneer produsente 60% minder water het, is die gemiddelde afname in voedselpro­duksie meer as 30%. Daardie ondersoek is gesamentli­k deur die Wes-Kaap se departemen­t van landbou, die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP) en die tegniese afdelings van die landboubed­rywe in die Wes-Kaap gedoen.

Die Wes-Kaapse ministerie vir ekonomiese geleenthed­e bevestig dat die landbou sy kant bring om die waternood te verlig. “Die sektor is deel van die proses en doen alles wat hy kan om in die moeilike tyd met sy werk voort te gaan, met baie boere wat minder geplant het.

“Die gevolg daarvan is dat produksie laer sal wees, wat ook moontlike werkverlie­se in die komende oestyd kan meebring,” sê me. Bianca Capazorio, woordvoerd­er van die Wes-Kaapse ministerie vir ekonomiese geleenthed­e.

HULP

Die provinsial­e departemen­t van landbou het sedert verlede jaar geld beskikbaar gestel vir die ondersteun­ing van opkomende boere in hierdie moeilike tyd. Die provinsial­e kabinet het ’n resolusie aanvaar dat hy alle nodige stappe sal doen om geld van die nasionale Regering terug te kry wat hy noodgedwon­ge weens die waterkrisi­s moes uitgee. Die voorsienin­g van water in groot maat is die plig van die nasionale Regering. —

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa