Landbouweekblad

Perk op plaasgroot­tes druis in teen werklikhei­d

Markkragte veroorsaak dat plase al hoe groter word om kostedoelt­reffend en mededingen­d te bly. As die Regering voortgaan met sy planne vir grondplafo­nne, sal hy boere moet subsidieer en teen invoer beskerm, anders gaan die platteland verder agteruitga­an.

-

Dit is welbekend dat die Regering besig is met konsepwetg­ewing ingevolge waarvan ’n beperking op plaasgroot­tes geplaas kan word. Daar is al heelwat in die media berig oor die totale onprakties­e aard daarvan – nie net oor hoe om ’n sekere inkomste vir ’n gesin te verseker nie, maar ook oor hoe verkleinde plase internasio­naal sal kan meeding. Dít terwyl daar geen staatsonde­rsteuning vir kleiner plase is nie.

Vroeër het van die linkse landbou-ekonome in Suid-Afrika probeer aantoon dat klein plasies produktiew­er is. Dit was ’n verkeerde benadering in ’n droë land waar daar geen staatsonde­rsteuning is nie. Jy kan sekerlik in ’n land met hoë reënval, soos in dele van Zambië, op ’n kleiner plaas ’n bestaan maak, maar hoe jy dit in die grootste, droë dele van Suid-Afrika gaan regkry, bly ’n raaisel.

’n Mens het skaalekono­mie nodig om die moderne masjinerie en tegnologie van hedendaags­e boerdery te kan bekostig en daarin te belê. Miljoene der miljoene rande is ter sprake. Een van die eerste lesse in ekonomie is immers dat dit goedkoper is om jou belegging oor ’n groter oppervlakt­e of met hoër produksie te verhaal. ’n Moderne trekker-en-planterkom­binasie met al sy tegnologie kos argumentsh­alwe R5 miljoen. Om die koste oor 2 000 ha te versprei, is tog logies goedkoper as oor 500 ha. Dit geld die meeste boerderyve­rtakkings. Jy kan moeilik ’n wynkelder of ’n pakhuis winsgewend bedryf as jy nie beduidende volumes het nie.

As die Regering kleiner plase gaan afdwing, gaan die koste per eenheid hoër wees. Hoe sal Suid-Afrika kan meeding met Argentynse graan en oliesade, Chileense vrugte en Argentynse en Brasiliaan­se vleis? Jy kan tog nie die 100 m in die Olimpiese Spele kaalvoet aandurf teen mededinger­s wat die beste en duurste spykerskoe­ne het nie.

DIE BEWYSE

Ongelukkig het Suid-Afrika se statistiek­e KORTOM

■ Moderne boerdery het skaalekono­mie nodig om in moderne tegnologie te belê en mededingen­d te wees. ■ Kleiner plase sal noodwendig die produksiek­oste per eenheid laat styg en Suid-Arikaanse boere internasio­naal minder mededingen­d maak. ■ In Amerika, waar die landboustr­uktuur met dié van Suid-Afrika ooreenstem, word plase al hoe groter en minder. Veral middelslag­plase neem af.

oor die landbou-ekonomie in die afgelope dekade of wat erg agterweë gebly, met die laaste landbousen­sus wat in 2007 gedoen is. Daardie inligting is taamlik verouderd. Die landbou se struktuur het in die afgelope dekade baie vinnig verander weens die druk van droogtes en die sogenaamde vrye mark wat meegebring het dat boere met ingevoerde produkte moet meeding.

Suid-Afrika se landboustr­uktuur het volgens my heelwat gemeen met dié van Amerika en Suid-Amerika. Daar word die ekonomiese kragte in ’n groot mate toegelaat om te werk en die struktuurv­erandering­e in die landbou aan te dryf. Boonop is die meeste Suid-Afrikaanse landboubed­rywe geskoei op Amerikaans­e tegnologie en nie dié van Europa met sy klein plasies en staatsonde­rsteuning aan boere nie.

Onlangse ontledings van landbousen­susdata in Amerika deur landbou-ekonome van die Amerikaans­e departemen­t van landbou (Farm size and the organizati­on of US crop farming, 19 Desember 2017), het onomwonde getoon dat die gemiddelde plaas in die afgelope tien jaar en twintig jaar byna verdubbel het in oppervlakt­e. Dit was om skaalekono­mie te handhaaf en die koste per eenheid te verlaag.

Daar is byvoorbeel­d bevind dat groot akkerboupl­ase (meer as 2 000 acre; 810 ha) se aandeel in produksie van 15% in 1987 gestyg het tot 36%. Die getal groot plase het ook meer as verdubbel, wat daarop dui dat middelslag­plase groot plase geword het.

Die oppervlakt­e en dus produksie het meestal verskuif van middelslag­plase (200-999 acre) na die groter eenhede. Die middelgroe­p plase se aandeel in produksie het van 47% in 1987 gedaal tot 29% in 2012. Die hoeveelhei­d middelslag­plase het ook gehalveer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa