Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

DIE vakverbond­e Cosatu en Fedusa meen die Departemen­t van Arbeid het ’n groot flater in die wetsontwer­p oor die nasionale minimum loon begaan toe hy die woord “werker” – wat bedoel was om die wet se beskerming te verbreed ten einde soveel moontlik werkers te beskerm – vervang het met die nouer term “werknemer”, soos gedefiniee­r in die Wet op Basiese Diensvoorw­aardes (Wet 75 van 1997). Die departemen­t het toegegee hy het gefouteer en onderneem om die fout reg te stel.

Dit is nie die eerste keer dat ’n wetsontwer­p wat deur dié departemen­t voorgelê word, deur Nedlac-onderhande­laars uitgedaag word nie. Die wetsontwer­p op werklooshe­idsverseke­ring is verlede jaar weens ernstige foute teruggestu­ur.

Mnr. Matthew Parks, parlementê­re leier van Cosatu, het sy bedenkinge uitgespree­k oor die vermoëns van die Departemen­t van Arbeid. “Dis kommerwekk­end dat die Regering gereeld problemati­ese veranderin­ge in die bewoording van wetsontwer­pe aanbring nadat die Nedlac-bespreking­s voltooi is.”

Hy het gesê leierskaps­gebreke in die departemen­t het gelei tot ’n vertraging van vyf jaar met die toepassing van die Wet op Werklooshe­idsverseke­ring terwyl duisende mense hul werk verloor.

Die wetsontwer­p oor die nasionale minimum loon en ander arbeidswet­te is Woensdag aan die Parlement se portefeulj­ekomitee oor arbeid voorgelê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa