Landbouweekblad

Waghond byt nie aan skikking oor ammoniak

- — CARIEN KRUGER

DIE Mededingin­gstribunaa­l het nie ’n skikkingso­oreenkoms wat die Mededingin­gskommissi­e met vier landbouver­wante ondernemin­gs oor die prys van ammoniak gesluit het, bekragtig nie.

Die tribunaal sê in ’n verklaring die ooreenkoms is “irrasionee­l” en dis onduidelik watter deel van die Mededingin­gswet die ondernemin­gs sou oortree het.

“Die kommissie het nagelaat om ’n behoorlike teorie van skade te stel,” sê die tribunaal.

Die kommissie het die ooreenkoms vroeër met AECI, Foskor, Omnia Fertilizer­s en Sasol South Africa gesluit. Dié vier is gelyke vennote, met ’n vennootska­psooreenko­ms, in ’n ammoniak-terminaalg­erief in Richardsba­ai, die RAMM-gerief, waar hulle ammoniak vir in- of uitvoer opberg.

Die kommissie het in Julie 2012 ’n klag begin ondersoek dat die ondernemin­gs na bewering ’n prys vasstel waarteen hulle ammoniak aan mekaar verkoop.

Dit was omdat hulle op ’n prysbepali­ngsformule ooreengeko­m het vir die onderlinge verkoop van ammoniak as hulle nie op ’n bilaterale grondslag op ’n prys kon ooreenkom nie.

MOONTLIKE SKADE

Die kommissie het bevind die klousule kan mededingin­g in die ammoniakma­rk moontlik aansienlik voorkom of verminder. In sy verklaring benadruk die tribunaal die woord “moontlik”.

Die kommissie het ook bevind daar is vir die ondernemin­gs kos- tebesparin­gsvoordele om hul ammoniakvo­orraad gesamentli­k by die RAMM-gerief op te berg omdat dit die enigste opbergings­gerief vir ammoniak in Richardsba­ai is. Die partye het met die kommissie ooreengeko­m om die klousule wat die formule omskryf, uit hul vennootska­psooreenko­ms te haal.

Verder het hulle ooreengeko­m dat, indien enige van hulle nie ’n bilaterale ooreenkoms oor die koopprys van ammoniak kon bereik nie, die versoekend­e party daarop geregtig sou wees om die nodige hoeveelhei­d ammoniak op ’n leengronds­lag aan die RAMM-gerief te onttrek, mits dit binne ’n sekere tyd weer teruggepla­as word. Dit is dié ooreenkoms wat die tribunaal nou nie ’n bevel wou maak nie.

Hy sê die kommissie het nagelaat om ’n bewering te stel oor die verbode praktyk waaraan die ondernemin­gs hulle skuldig sou gemaak het.

AECI het verlede jaar in ’n verklaring gesê die kommissie se ondersoek het geen oortreding van die Mededingin­gswet gevind nie.

SELDE GEBRUIK

Mnr. Adriaan de Lange, uitvoerend­e hoof van Omnia, het by navraag gesê die formuleklo­usule was daarop gemik om dooiepunte in baie spesifieke omstandigh­ede te kon oplos en só die doeltreffe­nde gebruik van die invoergeri­ef te verseker, wanneer meer as een party die RAMM-gerief op dieselfde tyd moet gebruik. Die doel was dus om seker te maak die gerief kan ononderbro­ke gebruik word.

“Die formule is in die verlede baie min, indien ooit, gebruik,” sê De Lange. Die klousule is nou, soos met die kommissie ooreengeko­m, vervang met die reëling dat die partye ammoniak kan leen en terugplaas, wat uiteindeli­k dieselfde doel bereik as waarvoor die formule bedoel was – om bedrywighe­de vlot te laat verloop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa