Landbouweekblad

NÉT BULLETJIES

- — MARLEEN SMITH

Dr. Alison van Eenennaam, een van die bekendste wetenskapl­ikes in GM-wêreldkrin­ge, se jongste projek is om met genetiese modifikasi­e ’n bul te skep wat net manlike kalwers teel.

Van Eenennaam, ’n Australies­e biogenetik­us wat aan die Universite­it van Kalifornië-Davis in Amerika verbonde is, gebruik CRISPR, die jongste genetiese modifikasi­etegniek, om ’n geen genaamd SRY in die vel-selle van ’n bees in te plant. Dié geen kan ’n vroulike dier manlike eienskappe laat ontwikkel, soos groter spiere en manlike geslagsorg­ane. CRISPR word in leketaal as ’n “molekulêre skêr” beskryf, waarmee gene uit ’n DNS-string “geknip” kan word.

As Alison se projek slaag, sal sy GM bulle skep waarvan die kalwers almal manlik is, óf normaal (met ’n X- en ’n Y-chromosoom, soos ’n manlike dier gewoonlik het), óf met twee X-chromosome (soos ’n vroulike dier gewoonlik het) plus die SRY-geen. Dié met die twee X-chromosome en die SRY-geen sal wel steriel wees.

Die uiteindeli­ke doelwit is doeltreffe­nder beesvleisp­roduksie omdat bulle gewoonlik meer en vinniger vleis produseer, en nie soos koeie op hitte kom of dragtig raak nie, sê Alison.

Aangesien die GM bulle se nageslag met die SRY-geen steriel behoort te wees, skakel dit die gevaar uit van oordrag na volgende geslagte waarmee geteel moet word.

Die SRY-geen lê gewoonlik op die Y-chromosoom van ’n manlike dier en is ook as die testes-bepalende faktor bekend. Dit kodeer manlike, fisieke eienskappe in ’n soogdier.

Soms gebeur dit wel dat dié geen op natuurlike wyse na die X-chromosoom oorspring. Die Internasio­nale Olimpiese Komitee het vir ’n tyd lank op omstrede wyse vroue-atlete vir die SRY-geen getoets, en heelparty sulke gevalle gevind voordat dié toets as onregverdi­g en onseker laat vaar is.

In ’n vorige soortgelyk­e projek waarby Alison betrokke was, is die plek van die geen wat vir horinggroe­i in Holstein-beeste verantwoor­delik is, geïdentifi­seer. Die horinggroe­i-geen is toe met die poena-geen vervang wat van nature by Angus-beeste voorkom. Die resultaat was twee poena-Holsteinbu­lkalwers wat die poena-geen natuurlik aan hul nageslag kon oordra.

 ?? FOTO: BEEFAMBASS­ADOR. COM ?? ’n Bekende biogenetik­us se jongste projek is die skep van ’n GM bul wat net bulkalwers lewer omdat hulle vinniger groei en meer vleis as verse lewer.
FOTO: BEEFAMBASS­ADOR. COM ’n Bekende biogenetik­us se jongste projek is die skep van ’n GM bul wat net bulkalwers lewer omdat hulle vinniger groei en meer vleis as verse lewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa