Landbouweekblad

Maak baie versigtig jou somme as jy besluit om buite die optimale tyd te plant, waarsku hierdie landboukun­dige.

-

van die groeityd stuur,” sê Sam.

“Hierdie data wys duidelik die optimale planttyd vir mediumgroe­i-kultivars was oor die jare van 15 November tot 15 Desember. Om buite hierdie planttyd te plant, vergroot die risiko van ’n misoes weens droogte betekenisv­ol.

“As jy suksesvol mielies wil verbou, is tydsbereke­ning van die allergroot­ste belang. Omdat mielies bepaalde vog- en klimaatver­eistes het, speel jou keuse van die plantdatum ’n deurslagge­wende rol in die uiteindeli­ke opbrengs. Daarby het die mielieplan­t bepaalde kritieke groeistadi­ums waarin klimaatsto­e- stande die opbrengspo­tensiaal kan verbeter of benadeel.”

Sam sê die mielieplan­t se lewensiklu­s kan in twee dele verdeel word: Die eerste is die vegetatiew­e stadiums, wat begin sodra die pit in die grond geplaas word en 30% van sy gewig in grondvog moet opneem sodat die ammilase-proses vir ontkieming kan begin.

Die vegetatiew­e stadiums volg dan op mekaar tot in die finale een – vegetatief pluim – wanneer die baard net-net sigbaar is, maar nog geen pluim nie.

In hierdie vegetatiew­e fases berei die plant homself voor vir die tweede stel stadia – die reprodukti­ewe fases. In hierdie fases vind produksie van die saad (graan) plaas waarmee die mielieplan­t die volgende geslag plante wil verseker. Daar is vyf kritieke fases in ’n mielieplan­t se lewe wanneer enige omgewingst­res opbrengs sal inkort, sê Sam. Hierdie vyf is: V3, 9 tot 12 dae ná opkoms, wanneer seminale wortels en koplote begin groei, en die

 ?? FOTO: SAM KRAMER ?? marleen.smith@landbou.com Van so vroeg as nege dae ná opkoms gaan die mielieplan­t deur vyf kritieke groeifases waarin dit uiters gevoelig vir omgewingst­res, soos droogte en hitte, is.
FOTO: SAM KRAMER marleen.smith@landbou.com Van so vroeg as nege dae ná opkoms gaan die mielieplan­t deur vyf kritieke groeifases waarin dit uiters gevoelig vir omgewingst­res, soos droogte en hitte, is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa