Landbouweekblad

AGRICOLLEG­ES INTERNATIO­NAL | Eerste kursus begin

- — JASPER RAATS

Agricolleg­es Internatio­nal, die webgebasee­rde studieplat­form wat deur ’n groep boere van Tzaneen op die been gebring is, is gereed om sy eerste studente vir ’n kort kursus te aanvaar.

Die studieplat­form is spesifiek daargestel vir landbou-opleiding.

Die ses weke lange kursus Bekendstel­ling aan Agribesigh­eid wat op 12 Maart beskikbaar word, sal hopelik die eerste van verskeie landbouver­wante kursusse wees.

Kursusse wat die kollege aanvanklik gaan aanbied, dek basiese onderwerpe, soos landboubes­igheid, plantprodu­ksie en diereprodu­ksie. Meer gespesiali­seerde kursusse sal in die toekoms op spesifieke soorte gewasse en vee klem lê.

“Ons hoop om binnekort gereed te wees vir inskrywing­s vir ons geakkredit­eerde Nasionale Sertifikaa­t in die Landbou (nasionale kwalifikas­ieraamwerk vlak 4),” sê mnr. Howard Blight, een van die stigtersle­de van Agricolleg­es Internatio­nal.

E-LEERPLANNE

Die webgebasee­rde kollege het vroeëre planne om vyf landboukol­leges oor Suid-Afrika heen te bou, laat vaar ten gunste van wolkgebase­erde of e-leerplanne. Dit maak dit moontlik om studente enige plek ter wêreld teen ’n breukdeel van die koste op te lei.

“In ’n land met so ’n hoë werklooshe­idsyfer, soos Suid-Afrika, is webgebasee­rde onderrig, of e-studie, ’n bekostigba­re alternatie­f waardeur die jeug hulself kan toerus met die nodige vaardighed­e om werksgeree­d te wees,” sê Blight.

Agricolleg­es Internatio­nal sal studente die geleenthei­d bied om ’n kwalifikas­ie aanlyn te behaal, terwyl hulle praktiese ondervindi­ng oor Suid-Afrika heen by vennote van die kollege opdoen.

Studente wat vir die eerste kursus wil inskryf, kry 50% korting. Dit sal slegs R2 400 kos. Dit sluit nie die R100 aansoekgel­d in nie, sê Blight.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa