Landbouweekblad

Hondsdolhe­id eis talle beeste in Noordwes

- — JOHAN COETSEE

MNR. Cas Breedt van Setlagole, voorsitter van Noordwes se dieregeson­dheidsforu­m, het onlangs 27 koeie verloor weens hondsdolhe­id wat van besmette jakkalse kom.

Die eerste bees is in Februarie besmet, maar sedert 23 Februarie was daar nie verdere vrektes nie. Hy meen die siekte is nou onder beheer omdat hy dadelik nadat hondsdolhe­id gediagnose­er is, begin het om ál sy beeste – sowat 700 kommersiël­e koeie – teen die siekte in te ent.

“Al 27 diere wat simptome van hondsdolhe­id getoon het, het gevrek. Ek glo dinge is nou onder beheer, want die afgelope paar dae het geen nuwe gevalle voorgekom nie.”

Hy sê omdat daar in sy omgewing grootliks met beeste geboer word, “is jakkalsbek­ampingspro­gramme nie noodwendig ’n voorrangsa­ak soos by kleinveebo­ere nie. Daarom is jakkalse taamlik volop hier rond.”

VINNIGE OPTREDE

Slegs een ander vrekte het by ’n buurman van hom voorgekom. Toe dit bekend geraak het dat van sy beeste weens hondsdolhe­id gevrek het, het die meeste boere in die omgewing dadelik hul diere ingeënt. Dit is ’n aanmeldbar­e siekte, maar dit is nie verpligten­d om beeste vooraf daarteen in te ent nie, sê hy.

Die grootste gevaar van hondsdolhe­id is dat dit mense ook kan aantas. Daarom is ál die beeste op die plaas dadelik ingeënt.

“Gelukkig is dit nie ’n hoogs aansteekli­ke siekte nie. Dit kan net na mense oorgedra deur byvoorbeel­d besmette spoeg van ’n dier op ’n slymvlies te kry, soos in die oog.

“Boere moet bewus wees dat hul beeste hondsdolhe­id van onder meer besmette jakkalse kan kry. Daarom moet hulle bedag wees en uitkyk vir simptome daarvan,” sê Breedt.

Dr. Faffa Malan, veearts en Landbouwee­kblad-medewerker, het Landbouwee­kblad verwys na ’n inligtings­tuk van die KwaZulu-Natalse dieregeson­dheidsforu­m. Daarvolgen­s kan ’n bees vrek binne drie tot vyf dae nadat ’n besmette jakkals hom gebyt het.

MAAK SÓ

Simptome sluit in gedragsver­andering, soos dat die dier eenkant van die res van die kudde staan, bulk en winde sluk, sukkel om te sluk, erge spoegloop ervaar, aggressief of lammerig voorkom en rukkings kry voor dit vrek.

Sulke diere moet geïsoleer en ’n veearts moet ingeroep word om monsters te neem.

Vermy regstreeks­e kontak met ’n besmette dier. As jy wel met ’n besmette dier moet werk, dra beskermend­e klere en ’n bril.

’n Fout wat dikwels gemaak word, is om jou hand in die dier se bek te steek om te kyk of iets in sy keel vassit omdat die dier sukkel om te sluk.

Die karkasse van diere wat aan hondsdolhe­id gevrek het, moet verbrand of taamlik diep begrawe word. Die vleis moet nie geeet word of aan aasvoëls gevoer word nie.

Lees ook Malan se Januarie-veesiektev­erslag op

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa