Landbouweekblad

VOORUITSIG­TE VIR SONNEBLOMS­AAD IS GUNSTIG

- — MARLEEN SMITH

’n Geskatte oordragvoo­rraad wat genoeg vir die volgende twee en ’n half maande se plaaslike mark is, tesame met produksiet­oestande in die somersaaig­ebied wat einde Januarie eensklaps van ongunstig na gunstig omgeswaai het, voorspel geen vuurwerk vir die sonnebloms­aadprys in die komende weke nie.

Net soos met die res van die somergewas­se behoort veranderin­gs in die weer ook hierdie mark se plaaslike bewegings vir die volgende paar maande te oorheers namate die jong oes op die lande ontwikkel, sê mnr. Wandile Sihlobo, ’n ekonoom van die landbousak­ekamer Agbiz.

Dit is nog redelik onseker hoeveel ekstrahekt­aresonnebl­ommegesaai is nadat die aanvanklik droogteget­eisterde westelike somersaaig­ebied einde Januarie uiteindeli­k met wydverspre­ide neerslae geseën is.

Baie van hierdie laat aanplantin­gs kan op hektare wees wat boere aanvanklik vir wit mielies opsygesit het, maar wat nie betyds voldoende reën vir mielies gekry het nie.

Volgens die nasionale komitee vir vraag-en-aanbod-beramings het die afgelope sonnebloms­aadseisoen einde Februarie met ’n geskatte oordragvoo­rraad van 183 081 ton afgesluit. Dit is genoeg vir 78 dae se plaaslike verbruik.

Boere het wel volgens die eerste amptelike oppervlakt­eskatting, wat in Januarie gedoen is, 16% minder sonneblomm­e geplant as wat hulle in Oktober beoog het.

Die laat aanplantin­gs kan dié prentjie egter verander. Sihlobo sê reënval het reeds die vooruitsig­te verbeter, nie net vir die laat sonnebloma­anplanting­s nie, maar ook vroeëre aanplantin­gs. Teen druktyd het die meeste ontleders bespiegel dat die Oesskattin­gskomitee in sy jongste beramings op 27 Februarie die Januarie-skatting van 560 100 ha vir sonnebloms­aad sou verhoog.

Die afgelope vyf jaar, tot 2017’18, was Suid-Afrika se gemiddelde sonnebloms­aadopbreng­s 1,24 ton per ha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa