Landbouweekblad

ANC MOET OPHOU OM BOERE TE BESKULDIG

- Villiersdo­rp

Die ernstige droogte wat in Suid-Afrika heers, is al lankal deur kundiges voorspel, maar die verskillen­de regeringsv­lakke en politici het hulle nie daaraan gestuur nie. Nou word daar heen en weer beskuldigi­ngs en verwyte rondgegooi en word daar politieke speletjies gespeel. Boonop het ons (voormalige) Minister van Water en Sanitasie hoegenaamd geen insig (gehad) van wat dit alles behels nie.

Min. Nomvula Mokonyane (nou Minister van Kommunikas­ie) het in die hele droogtekri­sis weer ’n kans gesien om wit boere by te kom en hulle die sondebokke te maak. Sy het gesê dat water ’n nasionale bate is wat nodig is om ongelykhed­e, armoede en werklooshe­id in die land uit te skakel. Wat het die feit dat dorpe en stede se kraanwater vir huishoudel­ike gebruik gaan leeg loop, daarmee te doen?

Dit is net gesê om die Regering se onvermoë om die land doeltreffe­nd te regeer, te verbloem. As ons na die Mokonyane se geskiedeni­s as Minister van Water en Sanitasie kyk, is dit maar katastrofi­es. Met haar optrede het sy die verhoging van die Clanwillia­mdam se wal met jare vertraag en die koste hemelhoog opgejaag. Dieselfde het met die Lesotho-Hooglandsk­ema gebeur. Hoe bevorder haar optrede die verligting van ongelykhed­e, armoede en werklooshe­id?

Nou kyk die Regering met begerige oë na die 4 000 damme in die land wat die boere in hul versiendhe­id met hul eie kapitaal gebou het om ongelykhei­d, armoede en werklooshe­id in Suid-Afrika te verlig. Die Regering wil nou artikel 25 van die Grondwet gebruik om dit te onteien sodat dit gebruik kan word vir dit waarvoor dit reeds gebruik word. Hoe de joos wil hy dit doen? Dit gaan ook nie permanent water in die dorpe en stede se krane sit nie.

Ek wil vir die Regering en die ANC sê dit raak nou werklik afgesaag om altyd die wit mense en wit boere die sondebokke te probeer maak vir die ANC se mislukking­s. Staan ’n slag pa vir jul eie mislukking­s en die chaos wat julle besig is om in die land te saai.

Suid-Afrika sal nooit regkom as almal nie saamstaan en almal nie ’n kans gebied word om ’n bydrae tot die land te lewer nie – sonder voorbehoud. PETRUS ROUX

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa