Landbouweekblad

WAT STAAN IN ARTIKEL 25?

-

■ Niemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge ’n algemeen geldende regsvoorsk­rif, en geen regsvoorsk­rif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie. Eiendom mag slegs ingevolge ’n algemeen geldende regsvoorsk­rif onteien word: - vir ’n openbare doel of in die openbare belang; en - onderworpe aan vergoeding waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling óf deur diegene wat geraak word aanvaar is óf deur ’n hof bepaal of goedgekeur is. Die bedrag van die vergoeding en die tyd en wyse van betaling moet regverdig en billik wees, en moet ’n billike ewewig toon tussen die openbare belang en die belange van diegene wat geraak word, met inagneming van alle tersaaklik­e omstandigh­ede, met inbegrip van: - die huidige gebruik van die eiendom; - die geskiedeni­s van die verkryging en gebruik van die eiendom; - die markwaarde van die eiendom; - die omvang van regstreeks­e belegging en subsidie deur die staat ten opsigte van die verkryging en voordelige kapitaalve­rbetering van die eiendom; en - die doel van die onteiening. By die toepassing van hierdie artikel: - beteken die openbare belang ook die nasie se verbinteni­s tot grondhervo­rming, en tot hervorming om billike toegang tot al Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne te bewerkstel­lig; en - is eiendom nie tot grond beperk nie. Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om, binne sy beskikbare middele, toestande te skep wat burgers in staat stel om op ’n billike grondslag toegang tot grond te verkry. ’n Persoon of gemeenskap wie se besitreg van grond regsonseke­r is as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimi­neer het, is geregtig, in die mate wat deur ’n Parlements­wet bepaal word, op óf besitreg wat regseker is óf gelykwaard­ige vergoeding. ’n Persoon of gemeenskap wat ná 19 Junie 1913 die besit van eiendom ontneem is as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimi­neer het, is geregtig, in die mate wat deur ’n Parlements­wet bepaal word, op óf teruggawe van daardie eiendom óf billike vergoeding. Geen bepaling van hierdie artikel verhinder die staat om wetgewende en ander maatreëls te tref om grond-, water- en verbandhou­dende hervorming te bewerkstel­lig ten einde die gevolge van rassediskr­iminasie van die verlede reg te stel nie, op voorwaarde dat enige afwyking van die bepalings van hierdie artikel in ooreenstem­ming met die bepalings van artikel 36(1) is. Die Parlement moet die wetgewing, soos bedoel in subartikel (6), verorden.

wit boere is die probleem omdat hulle verwag dat belaglike pryse vir hul grond betaal word.”

Sy ervaring is anders. “Daar was gevalle in die grondeiseh­of waar die advokate wat namens die grondeiena­ars optree, gesê het hulle het die plaas vir minder as markwaarde aan die Regering

aangebied, maar die Regering het vyf jaar gewag voordat op die aanbod gereageer is.

“In ander gevalle is ’n transaksie gesluit om grond vir minder as markwaarde te verkoop, maar dan sloer die staat tien jaar om die geld oor te betaal sodat die oordrag kan plaasvind.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa