Landbouweekblad

NÓG MILJOENE BEWILLIG VIR STRYDFONDS TEEN ONTEIENING

- — NICO VAN BURICK

GRAAN SA wil R3 miljoen bydra tot Agri SA se regsfonds om onteiening sonder vergoeding teen te staan en sy eie regsfonds met ’n verdere R1 miljoen tot R5,5 miljoen versterk.

Mnr. Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA, het in sy voorsitter­sverslag op Graan SA se kongres buite Bothaville gesê die organisasi­e sal deur regsoptred­e die Grondwet en die regte van Suid-Afrika se inwoners beskerm.

“Ons antwoord op grondhervo­rming sonder vergoeding is ’n duidelike ‘nee’. Om die grootste struikelbl­ok vir ontwikkele­nde boere se volhoubaar­heid (toegang tot finansieri­ng) uit te brei na die hele landbousek­tor sal nie net vernietige­nd vir die landbou wees nie, maar die hele Suid-Afrika.”

Hy sê die grootste struikelbl­ok vir ontwikkele­nde boere is toegang tot finansieri­ng. “Daar is meer as genoeg grond beskikbaar, maar nuwe boere kan nie finansieri­ng kry om te boer nie. Die belangriks­te rede daarvoor is die gebrek aan titelaktes.

“Dit is een van die redes vir ons sterk teenkantin­g teen die voorstel van ’n minderheid­sparty met die steun van die regerende party oor onteiening sonder vergoeding. As jy die sekuriteit van titelaktes wegneem, neem jy boere se vermoë weg om te kan boer. Die huidige waarde van landbougro­nd Mnre. Jaco Minnaar (links), voorsitter van Graan SA, en Andries Theron, voorsitter van Graan SA se wintergraa­nwerkgroep, by van die geskenkte water. is meer as R320 miljard en sonder die sekuriteit wat dit vir finansieri­ng bied, sal dit kommersiël­e graanprodu­ksie in Suid-Afrika vernietig.”

ÁLMAL SE PROBLEEM

Minnaar sê Graan SA steun grondhervo­rming en transforma­sie ten volle. Sedert die boere-ontwikkeli­ngsplan in 1998 begin het, is meer as R400 miljoen aan die ontwikkele­nde landbou bestee. Net vanjaar is meer as 10 000 boere betrokke by die projek. Graan SA sal voortgaan met projekte, planne en aansporing­smaatreëls om grondhervo­rming en transforma­sie te versnel sonder om die volhoubaar­heid van boerderye, voedselsek­erheid, gemeenskap­pe en die landbou in gevaar te stel.

Hy sê onteiening sonder vergoeding is nie net die landbou se probleem nie.

“Jou huis in Pretoria, jou ondernemin­g in Durban en jou mynbou-aandeel is ook nou in die gedrang. Die politieke retoriek blaas ook rassespann­ing aan, wat op sinlose plaasmoord­e uitloop.”

‘As jy die sekuriteit van titelaktes wegneem, neem jy boere se vermoë weg om te kan boer.’

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa