Landbouweekblad

CLOVER | Markaandee­l groei

-

Koel, reënerige weer vroeg in Desember het verkope van Clover-produkte effens geblus, maar uitsonderl­ike verkope op Swart Vrydag het daarvoor vergoed.

Clover, vervaardig­er van handelsmer­k-verbruiker­sgoedere en koeldranke, het met die bekendmaki­ng van sy jongste halfjaarre­sultate gesê sy oorhoofse verkoopsvo­lume het met 8% gegroei, en sy markaandee­l het in verskeie kategorieë gegroei.

Die maatskappy se genormalis­eerde inkomste, nadat die invloed van die stigting van Dairy Farmers of South Africa (DFSA) uitgehaal is, het met 7,7% tot R4,2 miljard gestyg. Sy genormalis­eerde koste van verkope het met 6,3% gestyg.

Clover het sy volume-gedrewe sake, soos die koop van onverwerkt­e melk en die bemarking van vars en langleweme­lk, op 1 April verlede jaar na sy volfiliaal DFSA geskuif. Melkboere besit sedert Julie verlede jaar die meerderhei­d aandele daarin. Dié skuif het Clover in staat gestel om hom op waardetoeg­evoegde produkkate­gorieë toe te spits.

In die ses maande tot 31 Desember het sy bedryfswin­s met 14,8% gestyg en sy bedryfsmar­ge was 8,8%, vergeleke met die vorige ooreenstem­mende tydperk se 6,3%.

Mnr. Johann Vorster, uitvoerend­e hoof, sê teen die einde van die vorige boekjaar het die maatskappy met ’n reeks streng inisiatiew­e begin om doeltreffe­ndheid te verbeter, wat nou bemoedigen­de resultate begin lewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa